Jesus in Long Street

Louise heard Jesus loved her in Long Street

Elize Parker

Then for the first time in Long Street, she heard about how Jesus loved her. She came to make better decisions about where she was living, went back to Wellington and eventually, she landed up at an institution where she learned to respect her own story and discovered her own worth. She met up with the team of 1000 Women Trust and went through their trauma training.

Louise Pietersen, a 31-year old mom of two of Wellington, today finds peace and emotional relief in the counselling work that she does as a trauma and writing councillor for 1000 Women Trust and Hope Prison Ministry as well as her own Arise Women Circle but this was not always the way her life worked.
“I can boldly tell my story now because I know how much healing power there is in putting words to pain. And, I love working with and helping other women who know a lot about where I come from. Every time I tell my story, I heal a little more.”
The storytelling part did not come easy to her. It took her four years to get the courage together to own her story and give it back to the world, emotional pain being a barrier that she had to overcome with counselling and medication for anxiety. She was taught how to this during her stay at the Athlone House of Strength shelter.
She has a long history of abuse by family, a husband and the men who abused her when she was a sex worker in Long Street, Cape Town. She has been dragged down steps, had the hands of a man on her throat to strangle her in more instances than she cares to remember and sometimes was on her knees pleading for mercy after she was assaulted. She jumped walls to get away from an abusive husband and had to listen to another woman egging her son on to abuse her.
“It is not a given that women will protect each other,” she says about these occasions that stand out clearly in her mind.
In 2016 she lived under a bridge, trailing the streets barefoot and very much addicted to drugs. Her kids taken away from her, and a divorce behind her.
At the time she felt this was the outcome of a life that dealt her a bad hand of cards, so much so that the day she was loved by someone who did not want her merely for sex, she could not understand these feeling and went on a path of self-destruction.
She was raised in a house where they were living with three other families. A family member abused her sexually from the age of eight. This happened in a house where her father, as well as her mother, lived with her.
Today Louise says she has forgiven them for not protecting her but the pain, at times, are still hard to bear. Her parents divorced when she became a teenager and life seemed to have an upward curve for a while. However, she became addicted to drugs and an almost deadly spiral started in her life of physical, emotional and financial abuse.  She was sold for sex by a close family member and never knew a normal young adult life. The abuse introduced her to her a life of sex working and she knew nothing else than earning money through sex.
“I thought this was normal. This is who I am,” says Louise.
Then for the first time in Long Street, she heard about how Jesus loved her. She came to make better decisions about where she was living, went back to Wellington and eventually, she landed up at an institution where she learned to respect her own story and discovered her own worth. She met up with the team of 1000 Women Trust and went through their trauma training. Today she is proudly part of the teams that go out to hear the stories from other women and to make them pen down their detailed life paths to start the healing process.

To Louise, this is part of her life’s calling of restorative justice and to see that not only abused women are healed but, through that healing communities and families are restored.
This is important because she knows about communities and families in various towns that kept quiet about what they were seeing. Nobody ever protected her. She is especially scathing about the role that the police in small towns would play if they knew the abuser. Sometimes she says the police would come out after the abuse was reported but merely to suggest a conversation between the parties. In only one instance did she see her abuser being driven away in a police van.  These visits without any police empathy would take place while the welts of the hands of a husband who not only assaulted her but tried to strangle her on a few occasions, would still be visible on her neck.
There was a short spell where life was good with a man when she was treated to living in a good home and could get the clothes she wanted. This also proved to be temporary, and soon the man would be untrue to her and she would think it was her fault. She did marry him but it was never a good marriage with lots of hurt and abuse.
The turning point came for Louise when she could get counselling and came to understand the self-destructive patterns of her life.
Today she is single, a relationship status that she is proud of because she is finally in a place where she honours herself as a person of worth who has much to pass on to others.
“I am enough, so much more than enough to myself and to this world.”
She is doing her Grade 12 and even though she does not have a job, she believes God will provide for her and her two children. She recently held her first three-day writing retreat at Mooi bly-cottages in Dal Josafat in the Boland.
She still cannot believe that she survived abuse by so many different men without getting killed or catching illnesses and is sure that she still needs to finish a task for Him. “I know a door will still open for me.”

If you are in a similar position, or if you want to become a Trauma Trainer or Vent Buddy, visit the 1000 Women Trust today #HearMeToo. 

 

 

Dagstukkies met CLF 30 Junie 2020

Vergewe mekaar

As julle ander mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe

(Matteus 6:14)

Dit is seker een van die moeilikste dinge vir ons as mense om ’n ander een te vergewe. Ons soek altyd verskonings of redes om mekaar nie te vergewe nie. Dit is moeilik om te sê dat ons jammer is, en nog moeiliker om te vergewe.

Vandag leer Jesus ons om mekaar te vergewe. As ons dit kan regkry, is daar vir ons ook ’n belofte: dat God ook ons sondes sal vergewe.  Dink net daaraan, as elke mens op aarde ander mense vergewe, hoeveel vrede sal daar dan nie in elkeen se hart wees nie!

Ek weet dis moeilik om iemand te vergewe wat iets verkeerd teen jou gedoen het. Maar ons moet altyd probeer om die minste te wees, en te vergewe. Dit sal God se hart bly maak en Hy sal ook jou sondes vergewe.

 

Dankie Here, dat U vir my sondes aan die kruis gesterf het. Help my om ook ander te verge­we. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 29 Junie 2020

Hoe om te bid

“Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ’n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik”

(Matteus 6:7)

Om te kan bid is ’n baie wonderlike voorreg. God het dit vir ons as mense moontlik gemaak om met Hom te kan praat. As ons in nood is, of as ons bly is, ons kan enige tyd van die dag of nag met die Here praat. Hy luister elke keer as ons bid.

Maar in ons teksvers waarsku Jesus ons om nie soos die heidene te bid nie. Hulle gebruik baie woorde, en bid so dat almal hulle moet hoor. Jesus sê dat ons selfs dáár kan bid waar niemand ons sien nie. Die Here sal jou gebed verhoor, want Hy weet wat ons nodig het nog voordat ons Hom vra.

Die Here hou van ’n eenvoudige gebed, selfs al het dit min woorde. Kyk maar na die gebed wat Hy vir ons geleer het. Hy ken my en jou hart, en weet wat ons nodig het.

 

Here Jesus, dankie dat U my vandag geleer het hoe om te bid. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 28 Junie 2020

Help die arm mense

“As jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat die regterhand doen nie”

(Matteus 6:3)

Daar is vandag regtig baie arm mense in die wêreld. Baie het nie ’n werk nie, en het nie geld vir kos of klere nie. Hulle het ook nie ’n lekker blyplek nie, baie se huisies is van ou sinkplate en plank gemaak.

God verwag van ons om vir die armes om te gee. Ons moet kyk hoe ons kan help. Nou leer Jesus vir ons in hierdie gesprek dat as ons iets vir die armes gee, ons dit nie moet doen om gesien te word nie. Dan wil ons net spog. Dit het Jesus gesê omdat daar in sy tyd mense was wat skynheilig was, en net gegee het dat die mense dit moes sien en hulle prys.

Nee, so moet ons nie wees nie. Almal hoef nie te sien wat en hoeveel jy gee nie. God sien raak wat jy gee.

 

Here, U wat self arm kom word het, help my om so vir die armes te gee dat dit uit my hart kom. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 27 Junie 2020

Wees lief vir alle mense

“As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?” (Matteus 5:46)

Jesus het alle mense lief, ja selfs ook vir sondaars soos ek en jy. Jesus het alle mense so lief dat Hy graag wil hê dat elke mens verlos moet word. Daarvoor het Hy gesterf aan die kruis.

Dit is baie maklik om vir mense lief te wees wat vir ons ook liefhet. Maar om vir mense lief te wees wat ons kwaad aangedoen het, of nie vir ons omgee nie, is nie so maklik nie. Dit is wat Jesus gedoen het. Nou verwag Hy van ons ook om vir almal lief te wees. As jy vir iemand omgee wat nie van jou hou nie, dan maak jy God se hart baie bly.

Vra elke dag vir die Here om jou te help om vir ander wat jou miskien verstoot of haat ook lief te hê. Dan is jy regtig ’n dissipel van Jesus wat sy koninkryk wil uitbrei.

 

Vergewe my Here, as ek net vir sekere mense lief is. Help my om ook vir my vyande om te gee. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 26 Junie 2020

Wees soos Jesus

“As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer”

(Matteus 5:41)

In die Bybel kry ons baie lesse en waarhede wat ons elke dag in ons lewens kan gebruik. Wat ’n wonderlike boek is die Bybel nie! Baie boeke is al deur die jare geskryf, maar na ’n tyd lees niemand dit meer nie. Daarom kan ons glo dat die Bybel deur God self aan ons gegee is, want na duisende jare word die Bybel steeds gelees.

Een van die lesse wat Jesus vir ons gee, is om aan ander mense meer te doen as wat hulle van ons verwag. Dikwels vra iemand vir jou om iets te doen. Partykeer is ons onwillig, maar ons teksvers leer dat ons daardie bietjie meer moet doen.

Die Here doen en gee so baie vir ons, meer as wat ons vra. Gaan sit ’n oomblik stil en dink aan al die goeie dinge wat ons van God ontvang. Doen ook aan ander meer as wat hulle vra.

 

Liefdevolle Heer, dankie vir alles wat ek van U ontvang. Help my om vir ander ook meer te doen. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 25 Junie 2020

Wees die minste

“Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel”

(Matteus 5:10)

Niemand wil graag gestraf word omdat hy of sy die regte ding gedoen het nie. Tog is daar baie mense wat jaloers of hatig is teenoor ander wat goeie en mooi dinge doen. Dit is ook ’n manier hoe die duiwel werk om mense weg van God af te kry.

In die ou tyd, en nou nog, word mense vervolg omdat hulle die Here dien. In sommige lande mag mense selfs nie die Bybel lees of sê dat hulle Christene is nie. Hulle word dan in die tronk gestop of kan self doodgemaak word.

Gelukkig sê Jesus dat as ons aan Hom vashou, al word ons gespot of vervolg, sal ons burgers van sy koninkryk wees. God ken elke mens se hart, en Hy sorg dat sy kinders eendag in die hemel kom en die ewige lewe kry.

 

My Vader in die hemel, gee asseblief vir my die krag om vervolging hier op aarde te kan verdra. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 24 Junie 2020

Vredemakers

“Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word”

(Matteus 5:9)

 

Toe Jesus gebore is, was daar skaapwagters in die veld wat hulle skape opgepas het. ’n Engel het na hulle toe gegaan en vertel dat Jesus in Betlehem gebore is. Die engel se boodskap was dat Jesus gekom het om vrede op aarde te bring.

Daar is vandag so baie haat en onenigheid in die wêreld, dat elkeen van ons net vrede wil hê. Daarom sê Jesus dat iemand wat vrede maak tussen mense, soos God se kind is.

Omdat Jesus ons Groot Vredemaker is, is dit ons plig om ook vrede tussen mense te maak. Dit is Hy wat vir ons vrede in die hart gee, en eers dan kan ons regtig vredemakers wees. Ons moet altyd probeer sorg dat mense mekaar verdra en in liefde saamleef. Vra die Here om jou die wysheid te gee om ook verskille tussen mense te kan oplos.

 

Dankie dat U die groot vredemaker is Here. Gee my die krag om ook ander mense te kan help. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 23 Junie 2020

’n Skoon hart

“Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien” (Matteus 5:8)

Dit is elke mens wat aan God behoort se begeerte om eendag in die hemel te kan kom en God te kan sien. Ons probeer ons bes om die regte dinge te doen, om God se wil te doen en Hom gehoorsaam te wees. Soms doen ons nog die verkeerde dinge, maar geluk­kig vergewe die Here ons as ons vir Hom jammer sê.

In die teksvers sê Jesus dat ons op Hom ingestel moet wees (met skoon harte), dan sal ons vir God in die hemel sien. Dit sal ’n wonderlike voorreg wees om in die hemel saam met God te wees. Daar sal geen smart of pyn wees nie, net vrede en mooi dinge wag vir ons in die hemel.

Kom ons vra die Here om ons harte skoon en rein te maak. Dink elke dag aan mooi en goeie dinge, doen goed aan ander mense, volg Jesus se voetspore, en jy sal eendag vir God sien.

 

Ek bid Here, dat U vir my ’n rein hart sal gee. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 22 Junie 2020

Wees goed vir ander mense

“Geseënd is die wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word”

(Matteus 5:7)

 

Jesus is vir ons die grootste voorbeeld van hoe om barmhartig te wees. Wat beteken dit om barmhartig te wees? Dit is as jy vir ander mense jammer is, vir hulle omgee, vir hulle help as hulle in nood is, en vir ander lief te wees, soos God vir jou liefhet. Dit maak nie saak of iemand oud of jonk, man of vrou, of van ’n ander kultuur is nie, God verwag dat ons vir elkeen wat oor ons pad kom, moet omgee. God het alle mense gemaak en Hy het almal lief, daarom sal God vir jou ook goed wees as jy ander mense help.

Ek en jy het elke dag die geleentheid om vir iemand iets te beteken. Al is dit hoe klein, God sien dit raak.

 

Dankie Here Jesus, dat ek U voorbeeld kan volg. Help my om elke dag aan iemand iets goed te kan doen. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.