Dagstukkies met CLF 30 Junie 2020

Junie 30, 2020

Vergewe mekaar

As julle ander mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe

(Matteus 6:14)

Dit is seker een van die moeilikste dinge vir ons as mense om ’n ander een te vergewe. Ons soek altyd verskonings of redes om mekaar nie te vergewe nie. Dit is moeilik om te sê dat ons jammer is, en nog moeiliker om te vergewe.

Vandag leer Jesus ons om mekaar te vergewe. As ons dit kan regkry, is daar vir ons ook ’n belofte: dat God ook ons sondes sal vergewe.  Dink net daaraan, as elke mens op aarde ander mense vergewe, hoeveel vrede sal daar dan nie in elkeen se hart wees nie!

Ek weet dis moeilik om iemand te vergewe wat iets verkeerd teen jou gedoen het. Maar ons moet altyd probeer om die minste te wees, en te vergewe. Dit sal God se hart bly maak en Hy sal ook jou sondes vergewe.

 

Dankie Here, dat U vir my sondes aan die kruis gesterf het. Help my om ook ander te verge­we. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.