Dagstukkies met CLF 23 Junie 2020
Junie 23, 2020
’n Skoon hart
“Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien” (Matteus 5:8)
Dit is elke mens wat aan God behoort se begeerte om eendag in die hemel te kan kom en God te kan sien. Ons probeer ons bes om die regte dinge te doen, om God se wil te doen en Hom gehoorsaam te wees. Soms doen ons nog die verkeerde dinge, maar gelukkig vergewe die Here ons as ons vir Hom jammer sê.
In die teksvers sê Jesus dat ons op Hom ingestel moet wees (met skoon harte), dan sal ons vir God in die hemel sien. Dit sal ’n wonderlike voorreg wees om in die hemel saam met God te wees. Daar sal geen smart of pyn wees nie, net vrede en mooi dinge wag vir ons in die hemel.
Kom ons vra die Here om ons harte skoon en rein te maak. Dink elke dag aan mooi en goeie dinge, doen goed aan ander mense, volg Jesus se voetspore, en jy sal eendag vir God sien.
Ek bid Here, dat U vir my ’n rein hart sal gee. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.