Dagstukkies met CLF 30 September 2020

So maklik

“Hulle antwoord hom: ‘Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word,

jy en jou huisgesin’ ” (Handelinge 16:31)

Paulus en Silas het saam baie plekke besoek en God se woord verkondig. Toe hulle in Filippi kom, het hulle ’n vrou teëgekom waarin daar ’n bose gees was. Sy was ’n waar­sêer wat vir haar eienaars baie geld daarmee verdien het. Toe Paulus die gees uit haar uitgedryf het, kon sy nie meer geld maak vir haar eienaars nie. Hulle was baie kwaad, en Paulus en Silas is toe daaroor in die tronk gegooi.

Terwyl hulle een nag in die tronk was, het hulle lofliedere tot God gesing. Daar het ’n groot aardbewing gekom wat die tronk se deure laat oopgaan het. Die bewaarder wou homself doodmaak omdat hy gedink het dat die gevangenes ontsnap het. Paulus het hom gekeer. Toe wou die bewaarder weet wat hy moet doen om gered te word. Ons teksvers is die antwoord.

Baie mense dink dis moeilik om gered te word, maar eintlik moet ons net vertrou op die Here Jesus. Dit is so maklik.

 

Here Jesus, help my om net te in U te glo. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Gemeenskapsnuus – 29 September 2020

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   2 9  S E P T E M B E R   2 0 2 0

SEPTEMBER 2020 BETHANY FELLOWSHIP CHURCH
Bethany Fellowship Church will be offering evening Matric classes for September/July 2021 for adults who need to complete their Senior Certificate.

Where: Bethany Fellowship Church, 225 Imam Haron Road, Claremont

Contact: Church Office on 021 671 9400 or 084 693 2801

 

1 OCTOBER 2020 CREATIVE HOPE
Creative Hope presents a Spring Raffle & Fundraiser, supporting our Elderly in Frail Care                                              Cost: R50p/ticket      

Email Penny at: penny@creativehope.co.za or Whatsapp 072 836 4129

 

2 OCTOBER 2020 CREATIVE HOPE
Creative Hope presents a Curry Vetkoek Fundraiser for only R25 each.
Where: Collections from 14h00 in Stellenberg. Orders close on Wednesday 30 September at 12h00.      

Send your order to penny@creativehope.co.za or Whatsapp to 072 836 4129

 

3 OKTOBER 2020 INCEBA PROJECTS
Inceba bied aan “Bless a Baby” Fondsinsameling om mammas in moelike omstandighede te help om hul babatjie te behou en self te versorg. Ondersteun die geleentheid deur skenkings van baba benodighede te bring en kom koop Boerewors Rolle vir die hele gesin of Koffie en Koek!

Waar: Quarry Straat 9, Langs AGS Kerk Bellville, oorkant Nobel Park

Tyd: 10h00-13h00      

Kontak: Melanie by 083 992 2363

 

19-21 DESEMBER 2020 VGK VALHALLA PARK
VGK Valhalla Park hou ‘n Fondsinsameling Bootreis na Nerens op die MSC Boot

Koste: 2 Slaapplek binnekajuit @ R3800p/p asook familie binne kajuite @ R3800 volw, R900 p/kind, sluit in alle etes, tee/koffie/water, alle vertonings ens.   

Skakel: Delores of Arend by 084 301 0885 of (021) 903 5207            

 

 

Werkverskaffing – 29 September 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   2 9  S E P T E M B E R  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

OUTO-ELEKTRISIêN  AUTO-ELECTRICIAN
Requirements: ‘n Gevestigde Besigheid in Robertson verlang die dienste van ‘n persoon met min. 2-3jr praktiese ondervinding as Outo-Elektrisiën. Moet ook bereid wees om oortyd te werk.

Epos CV met toepaslike verwysings na robertsonauto1@gmail.com

 

ADMIN POSISIE ADMIN POSITION
Vereistes: Ervare tweetalige kandidaat met bo-gemiddelde taalvermoëns, professionele telefoon etiket en Nasionale Diploma benodig by Menslike Hulpbronne Maatskappy.

Epos CV en Gr12 sertifikaat aan cvplacements1@gmail.com

 

NAALDWERKSTER SEAMSTRESS
Requirements: Seamstress needed in Stellenbosch, must be able to sew different types of fabric including stretch and wovens.

Contact: Elna on 082 612 1228

 

VAKATURE VACANCY
Requirements: A Garden Service Maintenance and Landscaping Manager needed, must have keen interest in all aspects of gardening and plant care, daily recording of worksheets, planning for month/week ahead, monitoring/ordering of materials/products, stocklevels, etc. Exp. in running a team and manage staff. Valid Code 8 drivers licence and own transport essential. Position based in Brackenfell.

Email short informative CV to info@nu-trend.co.za

 

ONTVANGSDAME RECEPTIONIST
Requirements: Receptionist needed.

CV’s can be sent to Anzell: anzell@printondemand.co.za

 

SNYER CUTTER
Vereistes: Onderneming in Bellville wat Klere vervaardig, benodig ‘n voltydse Snyer (Cutter). Die geskikte kandidaat moet ondervinding hê, asook verwysings van vorige werkgewers.

Skakel: Danie by 082 578 2468

 

Dagstukkies met CLF 29 September 2020

Sendingwerk

“So is die gemeentes in die geloof versterk, en die getal

gelowiges het by die dag groter geword”  (Handelinge 16:5)

Ons hoor en lees baie van sendingwerk. Baie gemeentes samel geld in vir sendingwerk, en mense gaan na ver lande om sendingwerk te doen. Wat beteken dit? Sending is om God se Woord aan mense te bring wat dit nog nie aanvaar het nie.

Ons lees in Handelinge dat Paulus baie gereis het om die evangelie te gaan verkondig. Dit was nie maklik nie, maar deur sy ywer vir die Here het baie mense God se boodskap aanvaar.

Vandag word daar ook nog baie sendingwerk gedoen. Mense gaan na lande en plekke waar niemand nog van Jesus gehoor het nie. Die sendingwerkers kry baie swaar en het soms min kos en klere om te oorleef. Kom ons bid elke dag vir hulle sodat God se woord aan alle mense verkondig kan word.

 

Here, help vir my om te gee en te bid vir sendingwerk. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 28 September 2020

Die Here bevry

“Hy het met sy hand vir hulle gewys om stil te bly en vir hulle vertel hoe die Here hom uit die tronk gelei het” (Handelinge 12:17)

Gister het ons gelees hoe Petrus ook in die tronk gegooi is. Hy is met kettings geboei, en voor die deur was wagte wat die tronk bewaak het. Terwyl hy geslaap het, het daar ’n engel van die Here aan Petrus verskyn. Die engel het hom wakker gemaak en gesê dat hy saam met hom moes kom. Die deure het vanself oopgegaan en die wagte het dit nie eers agtergekom nie. Toe hulle buite was, het die engel hom verlaat, en Petrus het na die huis gegaan waar die ander gelowiges besig was om vir hom te bid.

Die Here kan enigiets doen. Ons lees dit op baie plekke in die Bybel. Vandag nog verlos die Here ons van die sonde. Baie keer word ons vasgevang deur die verkeerde dinge. Vra net die Here om te help, en Hy sal jou bevry. God kan dit doen, en jy sal vir seker ’n vry mens wees.

 

Soos U vir Petrus bevry het, Here, verlos ook vir my van die sonde. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 27 September 2020

Bid vir mekaar

“So is hy dan in die tronk bewaak, maar die gemeente het aanhoudend vir hom tot God gebid”

(Handelinge 12:5)

In die tyd toe Herodes koning was, het hy van die gemeentelede laat vang en hulle mishandel. Hy het vir Jakobus, wat die Here gedien het, laat doodmaak. Verder het Herodes ook vir Petrus laat vang en in die tronk gesit. Dit het hy gedoen omdat die mense wat in die Here glo,
’n ander Koning aanbid het as vir hom. Herodes kon nie verdra dat God as die enigste en ware Koning aanbid
is nie.

Terwyl Petrus in die tronk was, het die gemeentelede aanmekaar vir hom gebid. Die Here het geweet dat Petrus onregverdig en ter wille van Hom in die tronk gegooi is, en het hom daarom gehelp. Ons moet ook vir mekaar bid wanneer iemand in die nood is. God sien en weet van alles, en Hy sal die gebede van sy kinders verhoor. Ons het ’n regverdige God wat baie lief vir ons is.

 

Here, ek bid vir hulle wat onregverdig en terwille van U ly. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Alles & Nog Wat – 26 September 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   2 6  S E P T E M B E R   2 0 2 0

Advertensies moet asseblief teen Donderdag, voor 12h00 gestuur word na reception@104fm.co.za of per SMS na 32716

Inligting ook op webtuiste beskikbaar – besoek www.tygerberg104fm.co.za

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 Conroy is op soek na ‘n Koningin grootte Bed teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 081 556 1068

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n Wasmasjien teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Kontak: Maria by 066 458 4971

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Maria is op soek na ‘n Wasmasjien teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 066 458 4971

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mina is op soek na ‘n Wasmasjien teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 071 866 8169  

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Koningin grootte Bed in goeie toestand vir R300

Skakel: 073 715 7577

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Nuwe 2-Plaat Gasstoof vir R450 + 19kg gastenk vir R750 + Empisal Omkapmasjien (overlocker) vir R850 +Dixon Karaoke Bluetooth musieksentrum met usb ens. vir R650  Gazebo (3mx3m) vir R350 + Ronde tafel met stoel vir R600

Skakel: 081 512 9291

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 Luisteraar is dringend op soek na ‘n ¾ bed vir dogters wat op die vloer slaap teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 084 393 1111

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Klassieke Kitaar vir R650

Skakel: 083 693 4223

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Gors & Kallmann Piano @ R3200

Kontak: Mnr. Petersen by 072 892 5226

 

 

Dagstukkies met CLF 25 September 2020

Jesus is die Here van almal

“Toe het Petrus aan die woord gekom en gesê: ‘Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie’ ” (Handelinge 10:34)

Petrus het na baie dorpe gegaan om die Woord van God
te verkondig. In daardie tyd het die mense gedink dat Jesus net vir die Jode gekom het, en dat net Jode in die hemel sal kom.

God het egter vir Petrus laat verstaan dat Jesus vir alle mense op aarde gesterf het. Daarom het Petrus en al die apostels rondgegaan om God se boodskap aan alle mense te verkondig.

So moet ons ook vandag die goeie nuus van God se verlossing aan almal bring. Dit maak nie saak of iemand blank of nie-blank, Griek of Italianer, ryk of arm is nie, voor God is almal gelyk. Elke mens wat Jesus aanneem as sy Verlosser is ’n kind van God. Elkeen wat glo in God en op Hom vertrou, sal die ewige lewe hê.

Dankie Here dat U ook vir my as nietige mens aangeneem het as u kind. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 24 September 2020

God roep

“Hy het op die grond neergeval en ’n stem vir hom hoor sê:

“Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” (Handelinge 9:4)

Saulus was ook een van die mense wat die volgelinge van Jesus vervolg het. Hy was juis op pad na Damaskus om ook daar Christene gevange te neem. Terwyl hy op pad was, het daar skielik ’n lig uit die hemel op hom geskyn. Dit was God wat met hom gepraat het. Toe Saulus van die grond af opstaan, was hy blind. Hy is toe Damaskus toe, waar ’n man met die naam Ananias met hom gepraat het. Toe kon hy weer sien. Saulus is toe met die Heilige Gees vervul, en het begin om te verkondig dat Jesus die Seun van God is. So het Saulus tot bekering gekom. (Later het hy bekend gestaan as Paulus.)

Die Here het vir Saulus, wat sy vyand was, geroep om sy werk te doen. So roep die Here ook vandag nog mense soos ek en jy om sy werk te doen. God vergewe en gebruik ook sondaars in sy werk.

Dankie Here dat U ook vir my geroep het om u werk te doen. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 23 September 2020

Lees jou Bybel

“Verstaan u wat u lees?” Die Etiopiër antwoord:
“Hoe sou ek kon as niemand dit vir my uitlê nie?” (Handelinge 8:31)

Filippus was een van die sewe diakens wat gekies is om te help met die Here se werk. Eendag het ’n engel van die Here vir hom gesê om op ’n sekere pad te gaan loop. Daar sien hy ’n man uit Afrika wat op ’n wa ry, en hy hoor hom uit die boek Jesaja lees. Filip­pus vra hom toe of hy verstaan wat hy lees, waarop hy antwoord dat hy nie verstaan nie, want daar is niemand wat dit aan hom verduidelik nie.

Toe verduidelik Filippus dit aan hom en vertel hom ook van Jesus. Later het hulle by water gekom, en hierdie man het vir Filippus gevra om hom te doop, want hy het geglo. So het hy tot bekering gekom en die Here gedien.

So baie mense verstaan nie wat in die Bybel staan nie. Elkeen van ons kan ons kennis van die Bybel gebruik om ander na Jesus te lei. Lees gereeld jou Bybel, sodat jy ook God se diaken kan wees.

 

Here, gee my die wysheid om die Bybel beter te leer ken. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.