Dagstukkies met CLF 29 September 2020

September 29, 2020

Sendingwerk

“So is die gemeentes in die geloof versterk, en die getal

gelowiges het by die dag groter geword”  (Handelinge 16:5)

Ons hoor en lees baie van sendingwerk. Baie gemeentes samel geld in vir sendingwerk, en mense gaan na ver lande om sendingwerk te doen. Wat beteken dit? Sending is om God se Woord aan mense te bring wat dit nog nie aanvaar het nie.

Ons lees in Handelinge dat Paulus baie gereis het om die evangelie te gaan verkondig. Dit was nie maklik nie, maar deur sy ywer vir die Here het baie mense God se boodskap aanvaar.

Vandag word daar ook nog baie sendingwerk gedoen. Mense gaan na lande en plekke waar niemand nog van Jesus gehoor het nie. Die sendingwerkers kry baie swaar en het soms min kos en klere om te oorleef. Kom ons bid elke dag vir hulle sodat God se woord aan alle mense verkondig kan word.

 

Here, help vir my om te gee en te bid vir sendingwerk. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.