DesemberDesember

#WupperthalOnthou – kyk VIDEO

15 April - 19 April, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

15 April - 19 April, 2019

9:00 vm - 5:00 nm

Kontak Epos:

nuus@104fm.co.za

Kyk gerus die video wat RoepTV.com gemaak het met Hernice Heyns se vertelling van wat gebeur het en hoe God vir hom van empatie en simpatie kom leer het.

Lees die volle berig in die jongste uitgawe van Juig!

_________________________________

Die tyd vir #WupperthalOnthou het uiteindelik aangebreek!

Radio Tygerberg104fm se tweede besoek aan Wupperthal, die sendingdorpie wat vroeër vanjaar grootliks in ‘n brand verwoes is, is hier. ‘n Span van die radiostasie asook RoepTV.com, gaan vir die volgende drie dae tyd met die gemeenskap spandeer.

Die #Oggendrooi –span sal Woensdag se #KleinSaterdag vandaar uitsaai terwyl Gerald Petersen, ook as fotograaf foto’s van die leerlinge van Wupperthal Primêre Skool gaan neem. As deel van die inisiatief, #WupperthalOnthou, gaan gesinne op die dorp ook nuwe gesinsfoto’s kan neem.

Ons eie Jean Muller en Rachel Marcus gaan ‘n vrouebyeenkoms fasiliteer. Ter voorbereiding vir Paasnaweek besoek en lei ds Tertius Bezuidenhout en sy span van Die Wynstok Gemeente ‘n erediens Woensdagaand in die plaaslike kerk.

Bly ingeskakel op Radio Tygerberg104fm vir gereelde oorskakelings met die span – jy wíl dit nie mis nie!

Ons borge vir die uitreik is Barloworld Toyota Tygervallei wat drie Toyota Hilux 2.8 GD6 bakkies borg, Print on Demand.

 

Hier by handelaarshoof, Heidi Tolmay (middel), staan van links Sedrick Taljaard, algemene bestuurder, en Gerald Petersen, mede-aanbieder van Oggendrooi, tydens die oorhandiging van die voertuie

 

____________

Radio Tygerberg104FM wil die ryk geskiedenis, stories en herinneringe van die Wupperthallers help insamel en neer pen na die verwoestende brand wat soveel geskiedenis en mooi herinneringe verwoes het.

Hoe raak jy deel? Stuur jou herinnering, ervaring of storie oor Wupperthal en/of sy mense na nuus@104fm.co.za teen einde Maart.  Die span van 104fm gaan in April weer die Wupperthallers besoek – die keer gewapen met sakke vol onthou! Ons wil ook nuwe herinneringe vasvang deur nuwe foto’s van die families, individue en die gemeenskap van Wupperthal te gaan neem.

As jy ‘n storie het, vertel hom. As jy ‘n foto het, stuur vir ons. As jy ‘n gebed het, bid hom.

Hier is Eunice Stoltz se eerste ervaring van ons onlangse besoek aan Wupperthal met Gerald Petersen, Eunick Matroos en Rachel Marcus:

Op die R364 na Calvinia, ná die Pakhuispas is daar eindellik ‘n naambord wat bevestig; draai regs na Wupperthal. Dit is eers Hoek se Berg en Bidouwvallei, waarna die klippertjiespad jou by ‘n mense-oase uitbring, Wupperthal. ‘n Morawiese Sendingstasie, sedert 1834.

Wanneer jy die laaste bult uitry en Wupperthal vir die eerste keer, verskuil tussen bergtoppe, sien, is dit asof jou woorde en gedagtes gaan stilstaan en weier om die harde feite te aanvaar: links verwelkom swart gebrande mure jou wat eens die Van Schalwyk Bakkery was, en regs is dit die buitelyne van huise, wat nog op 31 Desember 2018 Wupperthallers gehuisves het. Ook die Moravian Mission Store, die pastorie, die administrasiegebou, die koshuis, die Handmade Rooibos Products, en die plaaslike restaurant Lekkerbekkie. Die poskantoor se afdak het ook in die slag gebly, soos byna alles, in as gelê is. Behalwe die Kerk. Dit het behoue gebly. Ook die land se oudste skoenfabriek is gespaar. Tannie Henna, (Jackie Valentyn, 57), ‘n geliefde onderwyseres, het byna ‘n maand na die brand in die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad aan haar brandwonde beswyk.

Wat het dan oorgebly?

Mense. En herinneringe. Vandag is Wupperthal ‘n mense-oase. Want buiten vir die swart gebrande mure is dit, Maguaretha Kainda, jong Kelsi Skippers wat kan spel, Caroliena Swartz, Uncle Toni en nog vele ander wat jou tuis laat voel – sonder om jou in hulle huis te kan innooi.  

Stuur jou herinnering, ervaring of storie oor Wupperthal en/of sy mense na 
nuus@104fm.co.za teen einde Maart.