Dagstukkies met CLF 6 September 2020

Vertel vir ander

“Die man het vir die Jode gaan vertel dat dit Jesus is

wat hom gesond gemaak het” (Johannes 5:15)

In Jerusalem was daar ’n bad met die naam Betesda. Baie blindes en kreupeles het daar gelê en wag om in die water te gaan. Hulle het geglo dat as hulle in die water ingaan terwyl die water beweeg sal hulle gesond word.

Op ’n dag was Jesus daar en het hy ’n man gesien wat al dertig jaar lank siek was. Jesus vra hom toe of hy gesond wil word, waarop hy antwoord dat niemand hom help om in die water te kom nie. Jesus sê toe vir hom om sy goed op te tel en te loop. Onmid­dellik het die man gesond geword en hy kon loop. Hy was so bly dat hy oral gaan vertel het dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het.

Jesus doen vandag nog baie vir ons, en dan moet ons ook vir ander gaan vertel. Op hierdie manier help ons om vir ander te leer hoe goed die Here is.

Vergewe my, Here, omdat ek so min vir ander mense van U vertel. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 5 September 2020

Kinders van God

“Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word” (Johannes 1:12)

Toe Jesus op aarde was, was daar nie baie mense wat in Hom geglo het nie. Jesus het gekom om die wêreld van sonde te verlos, maar min mense het Hom aangeneem as hul Verlosser. Nou skryf Johannes in ons teksvers dat elkeen wat in Jesus glo, die reg het om kinders van God te wees.

Wat ’n voorreg wat ek en jy het om ’n kind van God te wees! So baie mense hoor van Jesus, maar hulle wil Hom nie aanneem as hul verlosser nie.

Elke dag moet ons die Here dank dat Hy soveel genade vir ons gee. Ons sondig elke dag en dan vergewe Hy ons as ons om vergifnis vra. Daarvoor moet ons ons lewe aan Hom gee, en bid dat alle mense ook sy kinders sal word.

 

Dankie Here, dat ek u kind is. Help my om ook ander na U toe te lei. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Alles & Nog Wat – 5 September 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   0 5  S E P T E M B E R   2 0 2 0

Advertensies moet asseblief teen Donderdag, voor 12h00 gestuur word na reception@104fm.co.za

of per SMS na 32716 – Inligting ook op webtuiste beskikbaar – besoek www.tygerberg104fm.co.za

T E  K O O P F O R  S A L E
 Brown 3-door Wardrobe @ R1200 + Bar Fridge @ R1000

Contact: 074 268 1010

   
T E  K O O P F O R  S A L E
Double Bed with base & mattress @ R800 + Panasonic DVD Player @ R300

Contact: Miss Josias on 066 287 4713

T E  K O O P F O R  S A L E
32 Crime fiction and romance books in both hardcover and paperback @ R20 each or R350 whole library

Contact: 079 476 6739

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Pensioenaris is op soek na Kombuiskassies teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 084 643 1821  

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na ‘n ¾ Bed met matras teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 084 393 1111

T E  K O O P F O R  S A L E
54cm TV vir R500

Kontak: Andy by 078 837 9256

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 Rose is op soek na 2 Sakke Sement teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 084 879 6744

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Roslyn is op soek na ‘n Yskas & Sitkamermeubels teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 061 929 1317

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na badkamervloer Teels & ‘n Klawerbord (keyboard) teen ‘n weggeeprys.

Skakel: 073 446 3669

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Isaacs is op soek na ‘n Yskas + Voordeur en Gasstoof teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 060 453 1444

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Stel Gholfstokke vir R2500

Skakel: 061 192 4693

 

 T E  K O O P F O R  S A L E
Casio CTK-450 Klawerbord in goeie toestand vir R850

Skakel: Leonard by 076 160 1072  

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Neal is op soek na 2dehandse Sinkplate teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 081 432 2385

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 Titanium Foundation is op soek na ‘n Gasstoof + Potte teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 076 384 6956

 

 

 

Dagstukkies met CLF 3 September 2020

Jesus gaan hemel toe

“Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en

is Hy in die hemel opgeneem” (Lukas 24:51)

Nadat Jesus sy werk hier op aarde voltooi het, het Hy opgevaar na die hemel. Hy het vir die laaste keer met sy dissipels gepraat en hulle geseën. Wat beteken dit as die Here iemand seën?

Dit beteken dat die Here net die beste vir so iemand wil gee. Ons lees dat die dissipels teruggegaan het na Jerusalem waar hulle by die tempel vir God geprys het.

Nou kan ons vra hoekom Jesus dan opgevaar het na die hemel? Hy kon mos maar hier op aarde gebly het om mense te leer hoe om kinders van God te word. Maar in die Bybel lees ons dat Jesus in die hemel moes gaan woon om daar vir sy kinders plek te maak. As ons as sy kinders eendag sterf, sal Jesus self vir ons kom haal. Ons kan verse­ker weet dat daar in die hemel vir ons plek sal wees.

 

Dankie Jesus dat U ook vir my plek in die hemel voorberei. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 2 September 2020

Jesus soek ook vir jou

“Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is” (Lukas 19:10)

Jesus was in die stad Jerigo. Daar was ’n tollenaar met die naam Saggeus. Hy was ’n ryk man. Toe Jesus verbyloop, het hy in ’n boom geklim om Jesus te sien, want hy was ’n klein mannetjie. Jesus kyk toe op en sê vir Saggeus dat Hy by hom wil tuis gaan vir die dag. Die mense was ontevrede omdat Jesus by ’n sondige man wou gaan bly.

Saggeus het daardie dag besluit om die Here te dien. Hy het belowe dat hy al die geld wat hy oneerlik van die mense gevat het sal teruggee. Ook het hy besluit om die helfte van sy goed vir die armes te gee.

Jesus het aarde toe gekom om verlore mense soos Saggeus te soek. So soek Jesus ook vir my en jou. Die Here het elke mens op aarde lief, en wil nie een laat verlore gaan nie. Die Here wil en sal jou ook raaksien”. Die Here het Saggeus raakgesien voor Saggeus nog God se wil kon doen.

Liefdevolle Here, dankie dat U ook na my gesoek het. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Werkverskaffing – 01 September 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   0 1  S E P T E M B E R  2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

SKRYNWERKER  CARPENTER
Vereistes: Ervare persoon (30-50jr) benodig vir installering van ingeboude kombuis- en slaapkamerkaste met ondervinding en verwysings, sober gewoontes, eie vervoer en geldige bestuurslisensie sal voorkeur geniet. Pos vir deeltydse werk met die oog op permanente aanstelling.

Kontak Jacques per epos by admin@g2gcupboards.co.za of skakel 074 477 5005

 

BESTUURDER MANAGER
Vereistes: Algemene Bestuurder benodig met hotel ondervinding.

Epos CV na hotels@countrysa.co.za

 

 PLAASBESTUURDER FARM MANAGER
Vereistes: Plaasbestuurder benodig met ‘n Elsenburg Diploma of Landbou Graad en min. 2jr. boerdery ondervinding verlang vir wingerdplaas in Bottelary, Stellenbosch.

Stuur CV aan andre@sterhuis.co.za

 

BEMARKER MARKETER
Vereistes: Landboukundige Bemarker benodig met kennis en ondervinding in die grootmaak van suiwelkalwers, kennis van melkbeesvoeding, aangeplante weiding en besproeiing, na-skoolse landbou kwalifikasie met min. 2jr. ondervinding en rekenaarvaardigheid.

Epos CV aan agribisi@telkomsa.net

 

PLAASBESTUURDER FARM MANAGER
Vereistes: Plaasbestuurder benodig in Carnavon met ondervinding en deeglike kennis van skaapboerdery in al sy fasette. Betroubaar en hardwerkend, instandhouding van infrastruktuur passievol kan handhaaf.

Epos CV aan bauermeister@hexvallei.co.za

 

HAARKAPPERS STYLISTS
Vereistes: Nuwe Barber Shop maak oop begin September in Monte Vista Boulevard, Monte Vista, benodig 2 gekwalifiseerde Haarkappers met relevante kwalifikasies.

Epos CV na lizel.ne11010@gmail.com of skakel 076 323 8317

 

SNYER CUTTER
Vereistes: Onderneming in Bellville wat Klere vervaardig, benodig ‘n voltydse Snyer (Cutter). Die geskikte kandidaat moet ondervinding hê, asook verwysings van vorige werkgewers.

Skakel: Danie by 082 578 2468

Dagstukkies met CLF 1 September 2020

Erken jou sonde

“Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig’ ” (Lukas 18:13)

Die Fariseërs van daardie tyd het gedink hulle is beter as ander mense. Op ’n dag het ’n Fariseër na die tempel gegaan om te bid. Hy het God gedank dat hy nie soos diewe, bedrieërs, egbrekers en … daardie tollenaar is nie. Alhoewel hy gedink het dat hy sonder sonde was, was hy ook maar vol sonde.

’n Tollenaar het ook na die tempel gegaan. Tollenaars was in daardie tyd as skelms gereken. Hierdie tollenaar het besef dat hy vol sonde is, en het God gevra om hom genadig te wees. Hy het nie gedink hy is beter as ander nie. Jesus het gesê dat hý deur God gehoor is, en nie die Fariseër nie.

So moet ek en jy nie dink dat ons beter Christene is as ander nie. Almal van ons sondig. Wees maar net nederig en bely jou sonde voor God. Hy ken ons harte en sal ons weer nuwe mense maak.

 

Help my Here, om nie ander te veroordeel nie, want ek is ook ’n sondaar. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.