Werkverskaffing – 01 September 2020
September 1, 2020
W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G 0 1 S E P T E M B E R 2 0 2 0
Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.
Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za |
SKRYNWERKER | CARPENTER |
Vereistes: Ervare persoon (30-50jr) benodig vir installering van ingeboude kombuis- en slaapkamerkaste met ondervinding en verwysings, sober gewoontes, eie vervoer en geldige bestuurslisensie sal voorkeur geniet. Pos vir deeltydse werk met die oog op permanente aanstelling.
Kontak Jacques per epos by admin@g2gcupboards.co.za of skakel 074 477 5005 |
BESTUURDER | MANAGER |
Vereistes: Algemene Bestuurder benodig met hotel ondervinding.
Epos CV na hotels@countrysa.co.za |
PLAASBESTUURDER | FARM MANAGER |
Vereistes: Plaasbestuurder benodig met ‘n Elsenburg Diploma of Landbou Graad en min. 2jr. boerdery ondervinding verlang vir wingerdplaas in Bottelary, Stellenbosch.
Stuur CV aan andre@sterhuis.co.za |
BEMARKER | MARKETER |
Vereistes: Landboukundige Bemarker benodig met kennis en ondervinding in die grootmaak van suiwelkalwers, kennis van melkbeesvoeding, aangeplante weiding en besproeiing, na-skoolse landbou kwalifikasie met min. 2jr. ondervinding en rekenaarvaardigheid.
Epos CV aan agribisi@telkomsa.net |
PLAASBESTUURDER | FARM MANAGER |
Vereistes: Plaasbestuurder benodig in Carnavon met ondervinding en deeglike kennis van skaapboerdery in al sy fasette. Betroubaar en hardwerkend, instandhouding van infrastruktuur passievol kan handhaaf.
Epos CV aan bauermeister@hexvallei.co.za |
HAARKAPPERS | STYLISTS |
Vereistes: Nuwe Barber Shop maak oop begin September in Monte Vista Boulevard, Monte Vista, benodig 2 gekwalifiseerde Haarkappers met relevante kwalifikasies.
Epos CV na lizel.ne11010@gmail.com of skakel 076 323 8317 |
SNYER | CUTTER |
Vereistes: Onderneming in Bellville wat Klere vervaardig, benodig ‘n voltydse Snyer (Cutter). Die geskikte kandidaat moet ondervinding hê, asook verwysings van vorige werkgewers.
Skakel: Danie by 082 578 2468 |