Dagstukkies met CLF 6 September 2020
September 6, 2020
Vertel vir ander
“Die man het vir die Jode gaan vertel dat dit Jesus is
wat hom gesond gemaak het” (Johannes 5:15)
In Jerusalem was daar ’n bad met die naam Betesda. Baie blindes en kreupeles het daar gelê en wag om in die water te gaan. Hulle het geglo dat as hulle in die water ingaan terwyl die water beweeg sal hulle gesond word.
Op ’n dag was Jesus daar en het hy ’n man gesien wat al dertig jaar lank siek was. Jesus vra hom toe of hy gesond wil word, waarop hy antwoord dat niemand hom help om in die water te kom nie. Jesus sê toe vir hom om sy goed op te tel en te loop. Onmiddellik het die man gesond geword en hy kon loop. Hy was so bly dat hy oral gaan vertel het dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het.
Jesus doen vandag nog baie vir ons, en dan moet ons ook vir ander gaan vertel. Op hierdie manier help ons om vir ander te leer hoe goed die Here is.
Vergewe my, Here, omdat ek so min vir ander mense van U vertel. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.