Tuis / Span / Rikus van Rooy
Rikus van Rooy
-
Gunsteling kos:
'n Heerlike Sondagmaal! Boudvleis, gebraaide aartappels, groenbone en pampoenkoekies! En malvapoeding met vla en roomys. En koffie. En dan dalk nog 'n soetdingetjie...
-
Gunsteling Gospel lied- en kunstenaar:
Bless the Lord - Matt Redman
-
Hoekom radio?
Dit is 'n ware vriend vir almal, vra nie onnodige vrae nie maar verseker dat jy nie altyd in jou gemaksone bly nie. Dit is alles in een - nuus, vermaak, leer jou en inspireer jou. Dit is dag en nag beskikbaar en die beste medisyne as jy 'n minder goeie dag beleef. Soos Radio Tygerberg, dis net die beste musiek vir vandag se Christen.
-
My droom vir Kaapstad (Wes-Kaap) is…
Dat elke huis 'n pa het opreg lief is vir sy vrou en kinders en wat doelbewus help om vandag se seuns volgens Bybelsebeginsels groot te maak.
-
Gunsteling Teksvers:
"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is."
Romeine 8:28