Tuis / Span / Jan-Hendrik Fourie
Jan-Hendrik Fourie
-
Gunsteling kos:
Ek hou BAIE van lekker kos en glo kos bring mense saam! Ek vermy ek wildsvleis en vis maar geniet pastas, poedings, brode, kaas, soetgoed en groentes. Ek hou van ontbyt en aandete die meeste, net omdat dit ‘n bietjie meer moeite verg. Ek hou van ‘n groot verskeidenheid bekende kos op een tafel en as jy my wil bederf laat my toe om iets van alles te proe! Tot vriende en familie se ergenis gaan ek deur fases van obsessiwiteit en sal iets uitkies en ‘n week sonder ophou daaraan eet totdat ek, kieste vol, een aand halt roep en dan vir maande nie weer my mond daaraan slaan nie!
-
Gunsteling Gospel lied- en kunstenaar:
Chris Tomlin- God’s Great Dancefloor (Praise) en Raise a Hallelujah – Bethel (Worship)
-
Hoekom radio?
Ek vier 14-jaar in media die jaar. Ek onthou steeds hoe ek as klein dogtertjie langs ouma se platespeler omroepers nagemaak het en enigiemand wat wou luister se musiek versoeke luidkeels aangekondig het. Elvis Presley, Tom Jones, Ge Korsten en Bles Bridges was tot my beskikking wanneer ons as gesin musiekaande gehad het! As die jongste kind tussen volwassenes was vrae vra vir my soos asemhaal. Radio was in my bloed, maar onbereikbaar omdat dit as ‘n ongewone werk gesien is vir ander mense…’n Drie jaar kurses in toerismebestuur het ‘n belowende loopbaan op passasierskepe uitgespel en na 3 jaar se vlerke sprei en wêreld verken het ek die Here se stem vertrou, afgesien van die glansryke lewe en ‘n kans gewaag op dit wat in my gees resoneer het – media! Sonder enige ondervinding of opleiding het ek gretig ‘n radiostasie gekontak en na ‘n onderhoud, Filippense 4 en hope selfvertroue het ek myself agter die mikrofoon van ‘n daaglikse jeugprogram bevind! Die geleenthede was legio, my onskuldige optimism en vertroue in God het my die geleenthede laat bloots ry. Wanneer jy die Here toelaat om jou lewe te bestuur gebeur joernalistieke- en radio opleiding kostevry! Ek glimlag as ek terugkyk want ek kan elke radiotydgleuf agter my naam skryf met sekulêre- en Christelike radio ondervinding. En om dit te kroon, ‘n MTN-Toekenning vir jare se harde werk soos beloof in Jeremia 31. Na 2jaar se draai in die TV wereld as deel van die span by RoepTV|TruthTV is ek terug by Radio Tygerberg104FM as Skakelpraktisyn en sien uit om opwinding en hoop op die luggolwe te versprei.
-
My droom vir Kaapstad (Wes-Kaap) is…
Ek wil sien dat korrupsie blootgelê word en dit die nek ingelsaan word. Ek wil die Here terug bring in die gange van parlementsgeboue en die harte van ons leiers. Mishandeling van diere, kinders, vrouens en ouer mense moet met ‘n swaar straf geseën word, een van onophoudelike gemeenskapsverbeteringswerk. Elke mens moet van ‘n huis met elektrisiteit, sanitasie en lopende water verseker word. Wanneer mense geliefd voel kan hul liefde betoon teenoor mekaar en hul diere.
-
Gunsteling Teksvers:
Be carefree before God; He is most careful with you.
1 Peter 5:7