Mike Potgieter

  • Rol by Radio Tygerberg:

    Vryskutomroeper
  • Program(me):

  • Geboortedorp:

    Pretoria (MAAR ek is ‘n Stomer)
  • Verjaarsdag:

    03 April
  • Gunsteling kos:

    Waar begin ek…. PIZZA, Sushi, Burgers en Braaivleis
  • Gunsteling Gospel lied- en kunstenaar:

    Daar is so baie , want ek luister musiek vir die boodskap daar agter en as die woorde met my praat dan love ek die lied en begin ek sommer die kunstenaar volg en laai alles van hom of haar (of hulle indien dit 'n groep is) af:
    Giants Fall – Francesca Battistelli
    Even Then – Micah Tyler
    That’s How You Change the World – Newsboys
    Even If – MercyMe
    Meer en Meer – Hannes van der Walt
  • Hoekom radio?

    Dis vir my ‘n groot droom om mense te kan motiveer en inspireer en vir my is radio die beste medium om dit te kan doen. Jy kan so baie mense bereik en ek wil dit kan doen d.m.v die Here se Woord, krag en leiding. Ek kan hierdie pad slegs met die Here aan my sy aanpak.
  • My droom vir Kaapstad (Wes-Kaap) is…

    Dat ONS die pas sal aangee om die land te wys hoe ALMAL saam kan leef in liefde, verdraagsaamheid en sal SAAM staan vir dit waarin ons glo.
  • Gunsteling Teksvers:

    II Timoteus 1: 7 - Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
    Johannes 3:30 – Hy moet meer word, maar ek minder.