Alicia Bock

  • Rol by Radio Tygerberg:

    Vryskutomroeper
  • Program(me):

  • Geboortedorp:

    Bellville
  • Verjaarsdag:

    14 April
  • Gunsteling kos:

    Enige Mediterreense of Indiese dis
  • Gunsteling Gospel lied- en kunstenaar:

    Tans is dit Remembrance van Hillsong Worship. My gunsteling kunstenaars is Kari Jobe, Brooke Ligertwood, Amanda Cook
  • Hoekom radio?

    Radio het op ‘n manier vir my gekies. Die saadjie is ‘’n tyd gelede in my kop geplant om radio te oorweeg. Hoe meer ek daaroor gedink het, hoe meer kleurvol het die idee begin lyk. Ek geniet dit wel om te gesels en het al ‘n paar keer as spreker by opbouende geleenthede opgetree. Radio Tygerberg gee my die geleentheid om te gesels en luisteraars te bemoedig .
  • My droom vir Kaapstad (Wes-Kaap) is…

    …dat ons genoegsame reën sal ontvang om die dreigende droogte te vermy. Bo en behalwe dit is my droom vir Kaapstad een van verdraagsaamheid en ‘n hunkering na die waarheid sodat ons mekaar sal probeer verstaan en die mooi in ander sien.
  • Gunsteling Teksvers:

    Daar is eintlik twee:
    Miga 6v8 – Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

    2 Tim 1v7 – Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.