Geluk lê om net die draai by Lucky Friday

September 19, 2019

Is jy op soek na onafhanklike ontwerpers met vars en innoverende idees?

Soek jy wêreldklasprodukte en handelsmerke wat jou nie ‘n arm en ‘n been gaan kos nie?

Is jy trots Suid-Afrikaans en wil plaaslike entrepreneurs ondersteun?

Vandag is jou gelukkige dag! 

By Lucky Friday kry jy dit alles en sommer nog hope meer. Hierdie plaaslike platform het sy buiging op gelukkige Vrydag die 13de September gemaak en skep die geleentheid vir entrepreneurs en ontwerpers om hul kreatiewe drome ‘n werklik te maak. Hier kan die kreatiewe breine – wat graag klere wil vervaardig maar nie so lekker weet waar om te begin nie – hul unieke t-hemde of modehandelsmerke kan laat vervaardig, bemark, en verkoop!

En deur hul via die Lucky Friday platform te ondersteun, groei jy die plaaslike ekonomie, kry ‘n kreatiewe-plaaslik-vervaardigde-werkskeppende-unieke-produk-teen-‘n-sakpak-prys en jy voel sommer lekker, soos mens mos net op ‘n Vrydag kan!

Gryp jou slimfoon, slimrekenaar of slim vriend nader en gaan maak sommer nou ‘n draai by www.luckyfriday.co.za.

Dis Vrydag, jy mag maar!

Luister na die storie agter Lucky Friday, Lisa Truter het met Erick Van Reenen.