1000Vroue: SA moet verrys teen afknouery, sê Madonsela (VIDEO)

Mei 14, 2019

SA moet verrys teen afknouery, sê Madonsela by#1000Women1Voice 

Prof Thuli Madonsela aan die woord en by Wendy Ackerman en Elita de Klerk.

KAAPSTAD. – Boosheid ontstaan in die gemoed van afknouers, terwyl baie wat iets kan doen om die boelies te stop, niks verrig nie. Hulle dink verkeerdelik hulle is te klein om iets uit te rig teen boelies, het Prof Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer van Suid-Afrika en nou professor in sosiale geregtigheid en reg aan die Stellenbosse Universiteit, gister gesê.

Sy het gepraat by die 1000vroue1stem byeenkoms in die CTICC in die Moederstad.  Die 1000women1voice Trust is ‘n organisasie wat deur vroue gelei word en wat vanjaar hul bewusmakingsveldtog fokus op afknouery, veral afknouery wat in die kuberruim plaasvind.

By die 1000vroue1stem-byeenkoms het Tina Thiart, direkteur en mede-stigter van die 1000 Vroue-trust, gesê tot 57 & van Suid-Afrikaanse leerders is in ‘n stadium van hul hoërskool loopbaan geboelie.

“As ‘n mens in ag neem dat daar 2.2 miljoen skoolgaande leerders in die land is, is hierdie persentasie ‘n uiters kommerwekkende stand van sake.

“Navorsing bewys ook dat party van hierdie leerders weekliks afgeknou word.”

Madonsela het gesê as iemand dink hy is te klein om ‘n boelie aan te vat, kan hy bloot dink aan ‘n muskiet.

‘n Reis van eenduisend myl begin met een tree.

“Ek hou van die tydsberekening van hierdie byeenkoms. Dis metafories ná die verkiesing wat ‘n nuwe fase van die demokrasie inlei.”

Aan die wortel van die heling van afknouery is die begeerte om in vrede met jouself en die res van die wêreld te wees.

“Ons moet ‘n nasie wees wat ‘n plek het vir elke mens. Suid-AFrika moet ‘n plek wees vir mans wat nie voel dat geslagsgelykheid ‘n oorlogverklaring teen mans is nie, het prof. Madonsela gesê.

Sy het bygevoeg dat vrede by die individu begin. “As daar geen vrede in ons harte is nie, kan daar geen vrede in samelewings en in die werkplek wees nie en kan daar geen volhoubare ontwikkeling wees nie,” het die professor gemaan.

“Julle het ons byeengeroep omdat julle glo daar is iets wat ons kan doen om die geweld uit te roei in gesinne en wat oorspoel in die samelewing in.”

As jy afknouery of boelies wil verstaan, moet jy begryp dat verwonde mense ander mense verwond.

Afknouers het geen vrede in hul harte nie weens verwondheid. Bullies have no peace in their hearts because of wounded-ness. Boosheid is aan die wortel van afknouery in die samelewing.

“Boelies is swak en magteloos en hulle voel klein en hulle wil ander mense nog kleiner as hulle laat voel,” het prof Madonsela bygevoeg.

Die omstandighede van ‘n kind wat ander boelie is dat hy in ‘n disfunksionele samelewing kan grootword.

Wat ‘n reddened genade kan wees is om daardie verwondheid te betreee en om die verwondheid van die verdeelde verlede gesond te maak.

Bevryde vroue is nie ‘n bedreiging vir mans nie; dis ‘n geveg teen toksiese manlikheid,” het prof. Madonsela verklaar.

‘n Taal van geweld in die samelewing skep ‘n kultuur van geweld.

Afknouery op die kuber-ruim is ‘n golf om mense stil te maak. Dis ‘n speelveld van afknouery wat bevorder word deur lafaards wat deur vrees gedryf word, het Madonsela bygevoeg.

Gelukkige mense maak nie ander dood nie; hulle wil ‘n nuwe wêreld skep.

Boelies het geen vrede in hul harte nie, weens hul gebrokenheid in hul harte.

Persverklaring uitgereik deur Fanie Heyns namens 1000vroue1stem. Vir nader inligting, kontak Tina Thiart op 073-2079079 of besoek www.1000women.co.za.