Nuwe Talent

Het jy ’n STEM vir radio?

Radio Tygerberg 104fm is altyd op soek na nuwe talent vir radiowerk. Indien jy graag ‘n omroeper, stem in ‘n radioveldtog of nuusleser wil wees, is hierdie jou kans.

Hoewel daar nie altyd poste beskikbaar is nie, doen ons deurlopend stemtoetse vir instaan-omroepers wat uithelp vir wanneer ons omroepers met verlof of siek is, of om persone te identifiseer wat ons kan gebruik vir stemwerk. Kinderstemme is ook baie welkom maar moet vergesel word van ‘n ouer of wettige voog wat te alle tye betrokke sal wees.

As jy dus belangstel in omroeperswerk, kan jy die volgende doen (ons volg dieselfde proses met almal wat navraag doen):

Stuur ‘n stemnota (voice note) in waarin jy so bietjie meer oor jouself vertel en waarom jy in radio belangstel. Dit kan ongeveer 1 minuut lank wees. Jy moet ook jou CV aanheg.

Indien ons dan meer wil hoor, nooi ons jou vir ‘n stemtoets by ons ateljee. Ons inhoudsbestuurder sal in daardie geval met jou opvolg om ‘n datum en tyd met jou te bevestig en die nodige reëlings met jou tref. 

Radio Tygerberg 104fm. Ons leef Christus.