BLIKKIES, PAKKIES, SAKKIES
Verbeel jou jy moet die winter trotseer sonder ‘n warm bord sop of ete. Jy kan help! Radio Tygerberg 104FM en SPAR Boston se Blikkies, Pakkies & Sakkies-veldtog vind van 17–25 Julie plaas. Ons wil graag die Radio Tygerberg bakkie propvol blikkies (eintlik enige nie-bederfbare kosprodukte) maak tydens ons buite-uitsending by Boston SPAR op Vrydag 24 Julie, tussen 09:00 tot 15:00. Jy kan NOU reeds produkte teen ‘n spesiale aanbod daar gaan koop en in die gemerkte winkelwaentjies plaas. Ons sal dan sorg dat die produkte verantwoordelik uitgedeel word.


