R20 000 gewen by Paarl Interskole Valskerm #104 Stunt! (Kyk Video)
3 Augustus - 3 Augustus, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind
BESONDERHEDE
3 Augustus - 3 Augustus, 2019
12:00 nm - 10:00 nm
Venue Faure Street Stadium Faure Street Paarl, Western Cape 7646 South Africa + Google Map
Radio Tygerberg 104fm is weer ’n mediavennoot by vanjaar se Paarl Interskole. En ter viering van die 104de bestaansjaar van die wêreld se grootste Interskole, kan jy groot kontantpryse wen!
Al wat jy moet doen, is om jou ondersteuning van òf Boishaai òf Gimmies te wys deur aanlyn een of meer van die genommerde blokke waarin die Faurestraat rugbyveld opgedeel is, te koop teen R25 stuk via iTickets.
Net voor die afskop van die hoofwedstryd om 16:00 op Saterdag 3 Augustus gaan twee valskermspringers op die veld land – een aan Gim se kant en die ander een aan Boishaai se kant van die hoofpawiljoen – en elk ‘n vlag plant. Die eienaars van die twee blokke waar die vlae geplant is, stap elkeen met R10 000 weg!
Die wenners sal Maandag 5 Augustus bekend gemaak word.
Die eerste onderhoud was met Elsabé Conradie, departementshoof van Paarl Girls’ High / Hoër Meisieskool Paarl – Amptelike FB blad waarna Benescke Janse van Rensburg met die skoolhoofde, (links op foto) Derek Swart van Hoër Jongenskool Paarl Boys’ High School Boishaai en Eddie Bateman van Paarl Gimnasium Hoërskool – Offisiëel gesels het.
King Price Insurance se bemarkingsdirekteur De Wet van Heerden, uitgevat in King Price-rooi het vertel waarom King Price vanjaar die trotse #hoofborg van die Paarl Interskole Interschools is.