Werkverskaffing – 18 Augustus 2020
Augustus 18, 2020
W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G 1 8 A U G U S T U S 2 0 2 0
Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.
PLAASVOORMAN | FARM MANAGER |
Vereistes: Betroubare Getroude Plaasvoorman benodig op wingerd/vrugteplaas in die Koelenhof omgewing, met goeie gesondheid, goeie arbeidsverhoudinge, prakties aangelê wees, toepaslike boerdery ondervinding, naweekdiens te doen, geen betrokkenheid by enige ander besigheidsbelange nie.
Stuur asb. net jou naam en kontakbesonderhede na fruitfarm27@gmail.com |
OUTO-ELEKTRISIëN | AUTO ELECTRICIAN |
Vereistes: Gevestigde Outo-Elektriese Maatskappy benodig ‘n gekwalifiseerde Outo-Elektrisiën met geldige rybewys, min. 5jr. outo-elektriese werk ervaring met getuigskrifte. Moet bereid wees om gereedheidsdiens te doen, oortyd te werk en deel van ‘n span in werkswinkel te funksioneer. Groot aanbeveling as u lugversorging kan doen.
Epos CV na heinsonel@worldonline.co.za (Sluitingsdatum: 30 Sept. 2020) |
BESTUURDER | MANAGER |
Vereistes: Onmiddelik beskikbaar vir vyftigjarige Ouer Dame as Bestuurder/Inwonende Hoof van Stellenbosch Privaat Dames Studente se 5ster Koshuis en Manor, verkieslik getroude paar. Gegradueerde Sosiale Werkster, Sielkundige of ander toepaslike kwalifikasie ‘n sterk aanbeveling. Ondervinding van soortgelyke poste en kundigheid met bestuur van volwassenes en/of dames student, insluitend uitstekende menseverhoudinge, integriteit en konsekwentheid. Rekenaarkundigheid ‘n vereiste.
Epos Aansoekbrief en CV na elsora@telkomsa.net of gerrit76j@gmail.com |
WERKTUIGKUNDIGE | MECHANIC |
Vereistes: Swartland Logistics Local Moorreesburg benodig ‘n gekwalifiseerde Diesel Werktuigkundige, min. 10jr. ondervinding in die vakgebied. Eerlik met sobergewoontes, bewese kennis van Vervoerbedryf, vir diens van trokke, algemene herstelwerk, kennis van Werkswinkel Kostebeheer.
Stuur CV met kontakbare verwysings na: alvarina@sllocal.co.za (Sluitingsdatum: 25 Aug. 2020) |
TEGNIKUS | TECHNICIAN |
Requirements: Dirtrider Motorcycles Cape Town, Montagu Gardens is looking for a head Technician (motorcycle Mechanic) with a good track record with references, sober habits essential. Must have a passion for off-road motorcycle bikes: MX, Enduro, Adventure, Motards or Quad bikes. No Chancers please.
Email CV to info@dirtrider.co.za, also visit website: www.dirtridermotorcycles.co.za |
Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za.