STANDAARD BEPALINGS EN VOORWAARDES VIR #NUWE STEM (B’s & V’s)
September 1, 2021
Hiermee die standaard bepalings en voorwaardes van toepassing op Radio Tygerberg se #NUWESTEM wat gedeeltelik of in geheel aangebied/bemark word deur of met Radio Tygerberg 104FM geassosieer word. Geen persoon mag namens ‘n derde party aan ‘n #NUWESTEM deelneem wat gedeeltelik of in geheel deur Radio Tygerberg 104FM aangebied word nie.
Alle inskrywings moet persoonlik deur die betrokke deelnemer gedoen word. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
Geen direkteur van Radio Tygerberg 104FM of ’n werknemer van Radio Tygerberg 104FM of hul agentskappe en lede van hul naaste familie; of lede van die borge van enige kompetisie op hierdie bladsy gelys, en/of enige van hul geaffilieerde maatskappye en/of agentskappe, en lede van hul naaste familie, mag aan #NUWESTEM wat gedeeltelik of in geheel deur Radio Tygerberg 104FM aangebied word, deelneem nie.
Pryse is nie oordraagbaar of onderhandelbaar nie. Radio Tygerberg 104FM onderneem om, onderhewig aan die borgvoorwaardes/ander ooreenkomste, pryse, slegs wanneer die wenner se adres geleë is buite die geografiese gebied wat deur se uitsaaigebied gedefinieer word, af te laat lewer. Andersins moet pryse tydens kantoorure by Radio Tygerberg afgehaal word. Pryse wat nie binne 30 dae nadat dit gewen is opgeëis word nie, sal binne die diskresie van Radio Tygerberg 104FM hanteer word. Radio Tygerberg 104FM maak geensins waarborg dat enige van die #NUWESTEM deelnemers of wenners as werknemer van Stellenbosch aangestel sal word nie. Die reg van aanstellings word steeds voorbehou deur Radio Tygerberg.
Wenners van spesifieke kompetisies aanvaar dat sekere ander voorwaardes van toepassing mag wees soos voorgeskryf deur Radio Tygerberg 104FM en/of die betrokke borg van die spesifieke kompetisie.
Waar daar spesifieke bepalings en voorwaardes is bykomend tot hierdie standaard bepalings en voorwaardes is, sal daardie bepalings en voorwaardes gelys word onder die bepalings en voorwaardes van die spesifieke kompetisie.
Enige oortreding of poging tot oortreding van enige van die bogenoemde reëls sal lei tot die onmiddellike diskwalifikasie van die oortreder.Jy moet tussen 20 – 35 jaar of oud wees om deel te kan /mag neem aan Radio Tygerberg 104FM se #NUWESTEM.
Deur deel te neem aan enige kompetisie wat gedeeltelik of in geheel deur Radio Tygerberg 104FM aangebied word, waar inskrywings aanlyn gedoen word, aanvaar deelnemers verder dat hulle gebind is deur Internet bepalings en voorwaardes.
Die bestuur van Radio Tygerberg 104FM behou die reg voor om kompetisie reëls te wysig gedurende enige kompetisie indien administratiewe redes dit sou noodsaak.
BELANGRIKE KENNISGEWING
Wees bedag op vals oproepe en sms kennisgewings wat jou verwittig dat jy op Radio Tygerberg 104FM gewen het. Jy kan vals kennisgewings aan die volgende riglyne meet:
- Jy sal NOOIT via ‘n SMS verwittig word dat jy ‘n wenner is nie. Tensy so vooraf met jou gereël, sal verteenwoordigers van Radio Tygerberg 104FM jou NOOIT by jou werkplek of huis besoek om jou te verwittig dat jy ‘n kompetisie gewen het, of om ‘n prys by jou te besorg nie.
- Tensy anders gespesifiseer, is die ENIGSTE punt vir die afhaal van pryse Radio Tygerberg 104FM se ontvangs tydens kantoorure.
- Indien enigiemand jou kontak en inlig dat jy ‘n prys in ‘n Radio Tygerberg 104FM kompetisie gewen het, maak seker dat jy wel aan sodanige kompetisie deelgeneem het.
- As enigiemand jou bel en jou inlig dat jy ‘n kompetisie gewen het waarvoor jy glad nie by Radio Tygerberg 104FM ingeskryf het nie, is dit NIE een van ons verteenwoordigers nie.
- Ons verteenwoordigers sal jou ID-nommer vir jou kan aanhaal. Indien jy ENIGSINS twyfel, vra die persoon se naam en die Radio Tygerberg 104FM skakelbordnommer en skakel die persoon terug.
- Indien jy bekommerd is dat ‘n vals persoon jou gekontak het, stoor asb die betrokke persoon se nommer en e-pos dit aan Radio Tygerberg 104FM.