Jy is My kind
Junie 10, 2019
Deur Eunice Stoltz
“Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.” – Jesaja 43:1
Michael W. Smith se pa het die gewoonte gehad om wanneer hy iets wou sê, hy aandag getrek deur te roep: “Hold the phone. Hold…the phone!”
Tydens sy 2019 Suid-Afrikaanse Toer het Michael nie geskroom om te vertel watter besonderse band daar tussen hom en sy ouers was nie. Michael is in die meer landelike gebied, Nashville, in Amerika woonagtig. Hy vertel dat hy soms in ‘n winkelsentrum mense sal kry wat vra of hy Michael W. Smith is, waarop hy ja antwoord en dan moet hoor: “O, we love your parents.”
Sowat twee jaar gelede ontvang Michael ‘n oproep wat sê sy pa is ernstig siek. Binne ‘n paar minute was hy by sy ouerhuis waar sy pa besig was om deur paramedici op ‘n draagbaar gelaai te word. Buite in die straat het bure en vriende nader gestaan. Terwyl hy ‘n paar mense buite groet hoor hulle ‘n geroep vanuit die ambulans: “Hold the phone. Hold…the phone!” Michael se pa het half sittende wyse regop gekom, na Michael gewys en geroep: “That’s my son. His Michael W. Smith!”
Michael vertel hoe hy die Here daardie aand hoor fluister het: “I am your Father, and you are my son.”
Mag ons lofprysing die afgelope week tydens die Michael W. Smith Toer oorspoel in ons lewens hiervandaan vorentoe. Mag ons die Here voortdurend loof en prys en hoor hoe Hy opnuut vir elkeen sê: Ek is jou Vader, en jy is my kind.