Dagstukkies met Ziva Opsomming week 3
Februarie 24, 2019
Kerk is binne jou as persoon, want dis net binne jou waar jy God kan aanbid in Gees en waarheid. Dis net in ‘n een tot een verhouding met God (deur Jesus) dat jy hierdie aanbidding kan kry. As jy dit nie het nie, sal jy dit by geen byeenkoms of kerk kry nie.
As jy nie eers kerk is nie, sal kerk toe gaan jou niks help nie en sal jy altyd fout vind binne die kerk. Ek verstaan vandag hoekom mense nog steeds praat van die kerk wat dood is. Dit is wanneer ons eie persoonlike verhouding van intimiteit met God dood is dat ons saam praat. Wanneer ons egter toelaat dat Gees en waarheid persoonlik oorneem en jy in hierdie aanbidding kom, dan begin ‘n nuwe lewenswyse van kerk.
Die grootste persent of dan weloffer of lewenswyse wat vir God aanneemlik is, sal altyd wees nie my wil nie Here maar U wil. Wees onderdanig aan Hom en Sy woord nie aan iets wat ek dink vir myself ‘n offer is nie! Laat die saad van aanbidding ontkiem in die blom van lofprysing. Lofprysing vertel van intieme ontmoetings tussen God en jouself.
Kom ons aanbid God in Gees en in waarheid. Kom ons streef elke dag na nog ‘n dieper intimiteit met God.
Volgende week se tema is #Dorstig.
Amen
In Sy Liefde altyd