Dagstukkies met Ziva 22 Februarie 2019
Februarie 22, 2019
OPENBARING 14:7
“Vrees en respekteer God en gee Hom eer, lof en aanbidding, want die tyd van sy oordeel het gekom en aanbid Hom, wat die hemel , die aarde, die see en die waterfonteine gemaak het.”
Gedurende ‘n woestyntydperk van my lewe was die Psalms vir my soos water in die woestyn. Die Psalms dra tereg die Hebreeuse naam Tehillim wat lofprysings beteken. Uit die Psalms van Dawid het ek geleer deur lof en aanbidding te bring aan God ten spyte van my woestyn tydperk, beteken dit juis dan om in die rykdom van waterfonteine met Hom te praat.
Aanbidding moes my egter eers dwing op my knieë voor God, om ook soos Dawid te kon erken Wie God is? Dit was vir my eerste stap tot ‘n groot avontuur van gebed (aanbidding) wat ek treë vir treë deur diewoestyn moes stap.
Met tyd het die saad van aanbidding ontkiem in die blom van lofprysing. Lofprysings vertel van daardie intieme ontmoetings tussen God en jouself, dit vertel van die oomblikke wat jy verslae was en waar jy Sy vertroostende teenwoordigheid ervaar het. Dit vertel ook van oomblikke wat jy gevoel het jy was besig om te sink maar juis toe God se verlossende hand kon voel.
Julle sien Lofprysing en aanbidding is meer as net ‘n gevoel. Dit is die oortuiging dat God lewe en dat jy Hom wil eer vir wat Hy in jou lewe gedoen het en nog gaan doen. Dit is ook die sekerheid dat Hy wat die hemel en aarde gemaak het sal jubel oor jou en my wanneer ons aan Hom, opregte eer, lof en aanbidding bring. God se oordeel sal dan nie oor ons wees en sal ons nie in woestyne gevind kan word nie.
Vandag verklaar ons in die naam van Jesus Christus dat ons lofprysing en aanbidding elke dag sal blom tot eer van U Koninkryk. Amen
In Sy liefde altyd