Dagstukkies met Dennis Francis 17 Januarie 2019
Januarie 17, 2019
Spreuke 3:5-6: #Reistog
“Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.”
Ons leef in ‘n tyd van groot onsekerheid. Mense stel teleur en hul oggend en aand praatjies stem nie ooreen nie. Dit raak al hoe moeiliker om mense in jou vertroue te neem. Daarom is die woord vir ons voor, want Spreuke 3:5 in die Nuwe Vertaling sê: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.”
Spreuke 16:2 verklaar: Al die weë van ‘n man is suiwer in sy oë, maar die Here toets die geeste.” Ons leef in ‘n tyd waar die mens kits oplossings wil hê, maar die woord van die Here sê: “Ken My in al julle weë…dit beteken in alles wat ons wil doen moet ons hom ken en ooral waar ons wil gaan.
Dit is duidelik dat ons Hom altyd in erkentenis moet neem, Hy wat bekend is met ons toekoms, Hy ken al die skerp draaie en slaggate van die lewe. Juis omdat ons onbekend is van môre, onbekend is wat vir ons voorlê, moet ons Hom ken in al ons weë, sodat Hy al ons paaie kan gelyk maak. Elke hindernis of blokkade sal Hy uit die weg uit ruim, want Sy woord sal nie ledig terug keer nie.
Vrede / Shalom