Dagstukkies met Dennis 7 November 2019
November 7, 2019
Job 12:22: #Verborgenheid
“Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.”
In Job hoofstuk een gebeur dinge met hierdie vroom, opreg en Godvresende man wat hy in sy wildste drome nooit sou gedink het nie. Alles het feitlik om hom in duie gestort en elke keer het net een oorgebly om die tyding te bring. Wat Job nie geweet het nie, is die gesprek wat Satan met God oor hom gehad het. God het Job geken van naby en van ver. Die verborgenheid waarmee God met die mens deel is somtyds onpeilbaar, maar wanneer ons Sy aangesig soek in opregtheid dan openbaar God Homself aan ons namate ons geloof.
In Job 1 vanaf vers 13 wys Job op die magtigheid van God “By Hom is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.” Niks is by God verborge nie, daarom sê die Woord in Job 12:22 “Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.” Daarom kon Job die woorde aanhaal toe dit aan hom geopenbaar is: dat sy Verlosser leef en dat hy doodskaduwee uit bring in die lig.
Vrede / Shalom