Dagstukkies met Dennis 8 Mei 2019

Mei 8, 2019

Matteus 8:26:  #Storms

8 MEI 2019

“En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.”

Dit maak nie saak wie jy is of wat jy doen nie.  Daar sal een of ander tyd ‘n storm in ons lewe kom – veral in die oorgangslewe uit die donker tot in die wonderbare lig want die dissipels het oorgevaar. Die dissipels het vir Jesus saamgeneem toe hulle oorgevaar het.  Min het hulle geweet dat daar ‘n groot storm op die see sal kom. Die Woord verklaar, dat die storm so erg geraak het dat die boot amper vol water geraak het, soveel so dat dit sou sink! Maar êrens op die boot lê Jesus en slaap. In hulle benoudheid het hulle Hom wakker gemaak en hom gevra: “Gee U nie om dat ons vergaan nie?”  En Hy sê vir hulle: “Waarom is julle bang, kleingelowiges?”

In ons geestelike lewe gebeur dieselfde dinge.  Storms kom ons kant toe, ons geestelike lewe word bedreig, angs en benoudheid oorval jou. Toe Moses die Here aanroep vra God vir hom wat hy in sy hand het. Baie keer het ons die oplossing in ons hand. Baie keer vra Jesus vir ons waarom ons bang is, want met die staf het Moses die see gekloof.  Jesus het die outoriteit om elke storm in ons lewe stil te maak. Geen situasie is te groot vir onse God nie. Jesus het die winde en die see bestraf en daar het ‘n doodse stilte gekom, want die dissiples het gedink wat vir ‘n man is die dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is?

Hy is nog dieselfde Jesus wat die storm in ons lewe kan stilmaak.

Vrede / Shalom