Dagstukkies met Dennis 6 November 2019
November 6, 2019
1 Korintiërs 15:51: #Verborgenheid
“Kyk, ek maak ‘n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word.”
Wanneer ons die briewe lees wat Aposel Paulus aan die Korintiërs geskryf het, word ons bewus van die baie vraagstukke waarmee die Korintiërs mee geworstel het.
Een van hulle was: Wat gebeur met die mens wat nog in die lewe is en hulle wat reeds oorlede is as Jesus weer kom? Dit is diep verborgenhede wat die menslike verstand nie kan uit redeneer nie. Apostel Paulus was ‘n man wat weggeruk is tot in die derde hemel. God het voor dit ‘n ontmoeting met om gehad op die Damaskuspad. God sou hom gebruik om die verborgenheid te openbaar.
In 1 Korintiërs 15:51 sê Paulus: “Kyk, ek maak ‘n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word.” Die Woord verklaar dat ons wat in die lewe is, die dode hoegenaamd nie voorsal wees nie, want hulle sal eerste opstaan. Vlees en bloed kan die koninkryk nie ingaan nie, daarom sal ons verander in ‘n oomblik om in lyn te kom met die vereistes om in die koninkryk van God in te kan gaan.
Vrede / Shalom