Dagstukkies met Dennis 4 Julie 2019

Julie 4, 2019

Jakobus 3:17:  #Wysheid

“Maar die wysheid wat van bo kom is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.  Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God en jy moet dit gebruik om vrede te maak.”

4 JULIE 2019

Apostel Jakobus beeld die wysheid baie duidelik uit wat van God af is. Daarom is die wysheid eerstens rein en is dit skoon met geen verskuilde agendas nie. Die wysheid van God is vredeliewend, dit jaag die vrede na, dit verdryf die haat en nyd wat soveel lewens al verwoes het.  Die wysheid is ook vriendelik en geseglik, daarom sal ‘n wyse man sy woorde mooi geseglik hou met vriendelike gesindhede. Die vriendelikheid sal baie mense gemaklik laat voel.  Baie mense wat wysheid van die wêreld bekom het dink hulle het gearriveer totdat hulle eintlik agterkom dat hulle het eindelik niks.

Die man of vrou met wysheid sal barmhartigheid  bewys aan almal, want dis hul geaardheid. Die wysheid van die wêreld sal oor jou loop sonder om verskoning te vra, want die “ek” is in beheer. Die woord verklaar dat ons moet minder word, maar Jesus meer en wanneer dit gebeur dan sal daar goeie vrugte wees. Mense sal elke gees van partydigheid en geveinsheid bestraf en verbreek, want ons het die wysheid van God.

Vrede / Shalom