Dagstukkies met Dennis 27 September 2019

September 27, 2019

27 SEPTEMBER 2019

2 Korintiërs 3:18:  #Skoonheid

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem.  Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word.  Die heerlikheid wat van ons uitstaal neem steeds toe.  Dit doen die Here wat die Gees is.”

Prediker hoofstuk drie vers een tot twee verklaar: “Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd. ‘n Tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe.” Paulus skryf in 1 Korintiërs 15:51: “Kyk, Ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word.” Ons sal verander in ‘n oomblik se tyd, in ‘n oogwink, want hierdie sterflike liggaam moet beklee word met ‘n onsterflike liggaam, die verganklike met die onverganklike liggaam.

Daarom skryf Paulus aan die Korintiërs in 2 Korintiërs 3:18: “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld.” Johannes, op die eiland van Patmos, sê in Openbaring 1:10: “Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van baie waters.” Johannes sê toe hy omkyk, sien hy een soos die Seun van die mens, dit was ‘n heerlikheid so veel so dat hy soos ‘n dooie aan Sy voete neergeval het. Dit was ‘n heerlikheid, ‘n skoonheid nie van hierdie wêreld nie.

Vrede / Shalom