Dagstukkies met Dennis 20 November 2019

November 20, 2019

 Sagaria 8:12:  #Vrug

Want die saad van vrede, die wingerdstok, sal sy vrug gee, en die aarde sy opbrings lewer, en die hemel sal sy dou skenk; en die oorblyfsel van hierdie volk sal Ek al hierdie dinge laat beërwe.”

Die Woord van die Here sê aan die boom se vrugte sal hy geken word, want ‘n appelboom dra tog nie perskes nie. Daarom sal die mens geken word aan die vrugte van die Gees wat hy dra. Matteus 5:9 verklaar: “Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”

Jesus gee ons die vrede wat alle verstand te bowe gaan. Die Here se beloftes is ja en amen. Hy sê die wingerdstok sal sy vrug gee en die aarde die opbrengs lewer, met ander woorde daar sal altyd voorsienigheid wees, want die hemele sal die dou nie terughou nie.  Al hierdie dinge sal ‘n erfdeel wees vir die volk wat oorgebly het.

Vrede / Shalom