Dagstukkies met Dennis 18 September 2019

September 18, 2019

 Handelinge 1:8:  #Krag

Dit is nie vir julle om die tyd en omstandighede te weet wat die Vader in Sy eie mag bepaal het nie.  Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.”

Die Woord van die Here leer ons in Jesaja 40:30: “Die jonges word moeg en die jongmense struikel selfs, maar die wat op die Here wag kry nuwe krag.” Elke mens het krag nodig om jou daaglikse taak te kan verrig, maar in Handelinge 1:8 praat die Woord van ‘n krag met ‘n dieper dimensie. Dit is daardie krag wat uit die hemel soos tonge van vuur verdeel het en op elkeen wat in die bo vertrek was neergedaal het. Handelinge 1;5 verklaar: “Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.”

Geen mens kan dit vir jou gee nie, want dit is ‘n belofte van die Here, wat ons belowe het, Hy sal ons nie as wese agterlaat nie. Johannes 14:26 verklaar: “Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur. Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” “Julle sal krag ontvang…” Dunamos, krag om te midde van terugslae, te midde van teleurstellings, probleme en storms deur te dring, om Sy getuienis te wees waar Hy ookal ons lei. Dit is daardie krag wat Paulus van praat in Romeine 8:35 “Wie sal ons skei van die liefde van Christus; dit is daardie krag wat die dissipels so onverskrokke gemaak het.

Vrede / Shalom