Dagstukkies met Dennis 18 November 2019
November 18, 2019
Galasiërs 5:22-23: #Vrug
“Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.”
Hierdie week behandel ons ‘n baie belangrike onderwerp naamlik: Die Vrug. Baie keer is mense baie talentvol en met die wonderlikste gawe toebedeeld, maar as die vrug ontbreek, dan is alles nutteloos.
Galasiërs hoofstuk 5:22-23 sê duidelik: “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.” Dit is belangrik dat ons moet seker maak dat ons wandel in die Gees, sodat ons nie die begeerlikhede van die vlees moet volbring nie.
Iemand het eendag die vrug van die Gees voorgestel soos ‘n lemoen met sy verskillende skyfies waarvan die liefde die skil is, wat alles omsluit. Daarom is dit belangrik om die hele “lemoen” vrug met al die skyfies te hê. Toe Jesus by die boom kom om ‘n vrug te soek, was daar geen vrugte aan die boom nie, en Jesus het vir daardie boom gesê, mag daar nooit weer vrug aan jou kom nie en die boom het onmiddellik verdroog.
Vrede / Shalom