Dagstukkies met CLF 8 September 2020
September 8, 2020
God se skape
“My skape luister na my stem; Ek ken hulle,
en hulle volg My” (Johannes 10:27)
Wanneer Jesus met die mense gepraat het, het hy baie gebruik gemaak van gelykenisse en voorbeelde. In hierdie hoofstuk gebruik Jesus die voorbeeld van skape. Jesus sê dat Hy die herder is en ons is sy skape. In daardie tyd was daar nie kampe waarin die skape gewei het nie. Iemand moes die skape dag en nag oppas.
Elke dag pas Jesus sy kinders op. As ons aan Hom behoort, luister ons na Hom en doen ons sy wil. Soos die teksvers sê: Jesus ken sy kinders en wil net die beste vir ons hê.
Ek en jy is baie gelukkig om so ’n Herder soos Jesus te hê. As Hy ons oppas, hoef ons nooit bang te wees nie. Volg elke dag vir Jesus, en sê vir Hom dankie dat Hy so mooi na jou kyk.
Liewe Jesus, dankie dat ek so ’n goeie herder soos U kan hê. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.