Dagstukkies met CLF 7 Desember 2020

Desember 7, 2020

Elkeen God se kind

“Ek stuur hom na jou toe terug, en my hart gaan saam met hom” (Filemon 1:12)

Paulus skryf ’n kort briefie aan Filemon, ’n vooraanstaande Christen in Kolosse. Filemon se slaaf Onesimus het weggeloop. Dit was ’n ernstige oortreding. Maar gelukkig het hy by Paulus uitgekom, wat hom na die Here gelei
het. Nou skryf Paulus hierdie brief aan Filemon om
hom te vra om sy slaaf terug te ontvang. Maar nou dring hy by Filemon aan om Onesi­mus nie alleen as slaaf
terug te verwelkom nie, maar nou ook as “geliefde broer
in Christus”.

Uit hierdie verhaal kan elkeen van ons ’n groot les leer. Die arbeider wat ’n Christen is, is netso deel van God se familie soos die werkgewer wat aan God behoort.

Die Here gee nie om of jy ’n straatveër is of ’n koning nie, as jy God se kind is, is jy lid van God se huisgesin. God sien nie neer op iemand wat arm is of ’n nederige werk doen nie. Ons moet ook nie. Die Here stel net belang in ons verhouding met Hom.

 

Dankie, Here, dat U my aangeneem het as u kind, al is ek net ’n gewone mens. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.