Dagstukkies met CLF 6 Julie 2020

Julie 6, 2020

Wees gelowig

“Hy sê vir hulle: ‘Waarom is julle bang, kleingelowiges?’ ”

(Matteus 8:26)

Op ’n dag was Jesus saam met sy dissipels in ’n skuit op die see. Terwyl Jesus geslaap het, het daar ’n groot storm losgebars. Die golwe het oor die skuit geslaan en die dissipels was bang dat hulle sou verdrink. Hulle maak toe vir Jesus wakker en vra Hom om hulle te red. Jesus antwoord en sê dat hulle bang is omdat hulle geloof so klein is. Toe het Jesus die storm laat bedaar.

Elkeen van ons is ook soms bang. Ons weet Jesus is altyd by ons, tog is ons geloof so klein. Ek en jy moet altyd weet dat Jesus by ons is en dat Hy ons sal beskerm. As ons sy kinders is, moet ons net op Hom vertrou. So baie plekke in die Bybel lees ons dat die Here belowe om ons altyd by te staan. Onthou, die Here kom altyd sy beloftes na!

 

Liefdevolle Here, dankie dat U altyd u beloftes nakom. Vergewe my die tye wanneer ek so kleingelowig is. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.