Dagstukkies met CLF 26 April 2020

April 26, 2020

God is alles

“Die Here is ons Regter, die Here is ons Leidsman, die Here is ons Koning, Hy sal ons red.”

(Jesaja 33:22)

 

Gedurende die tyd toe Jesaja profeet was, het dit nie met die Israeliete goed gegaan nie. In die vorige dagstukkies het ons gesien dat hulle vol sondes was. Hulle was ook bang vir hulle vyande. Gelukkig bring Jesaja goeie nuus wat van God self af kom.

Die Here is ons Regter. Dit beteken dat God reg sal laat geskied. Die Here is regver­dig en sal vir sy kinders gee wat hulle toekom. Vandag is Hy ook jou en my Regter, wat ons sal beskerm.

Die Here is ons Leidsman. Hy is ook vandag ons Leidsman wat ons op die regte pad wil lei. Vra net vir Hom en Hy sal jou raadgee.

Die Here is ons Koning. Sê dankie aan God dat Hy Koning van jou lewe wil wees. As God Koning is in elke land in die wêreld, sal daar vrede wees.

Hy sal ons red wanneer ons benoud en bang is, God sal ons veilig hou en altyd beskerm teen die bose.

 

Regverdige Koning, dankie dat U alles in my lewe is. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.