Dagstukkies Met CLF 23 Februarie 2020

Februarie 22, 2020

Begeer die goeie dinge

“Mag Hy gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk” (Psalm 20:5)

In Psalm 20 het ons te doen met die ander kant van begeer. In die Tien Gebooie sê God dat dit verkeerd is om die slegte dinge in die lewe te begeer. Dawid vra vir God in hierdie Psalm om vir hom die goeie dinge te gee. Hy begeer dus om die mooi dinge van God te kry.

Wanneer ons kinders van God is, mag ons die mooi en die goeie dinge begeer. En ons mag dit van die Here vra. Op sy tyd sal Hy die daardie dinge gee wat ons begeer – as dit sy wil is. Want die Here weet wat vir ons die beste is. Hy weet beter as onsself wat vir ons die beste is.

Ons mag maar mooi en goeie dinge begeer en dit vir God vra. Die beste ding om te begeer is dat God altyd naby ons sal wees. En dat Hy ons sal lei, sal beskerm en sal versorg. En dat ons dan vir Hom sal liefhê en dien.

Here, help my om die regte dinge in die lewe te begeer. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.