Dagstukkies met CLF 22 September 2020
September 22, 2020
God sorg vir sy kerk
“Die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges
in Jerusalem het geweldig toegeneem” (Handelinge 6:7)
In die tyd ná Jesus se opstanding het die apostels baie teenkanting gekry. Dit was nie altyd maklik om God se Woord te verkondig nie. Ons het in die vorige stukkies gelees hoe hulle in die tronk gestop is en dat hulle verbied is om in die Naam van Jesus mense te leer. Later het hulle ook sewe diakens gekies om met die werk te help sodat die Woord aan nog meer mense gebring kan word.
Vandag kry mense ook baie teëstand wanneer hulle vir die Here werk. Dit is omdat die duiwel altyd sal probeer om God se werk in die wiele te ry. Gelukkig weet ons dat God groter en sterker as die duiwel is, en God sal nooit toelaat dat sy kerk vernietig word nie. Ek en jy moet net elkeen ons deel vir die Here doen, dan sal God self sorg dat sy kerk op aarde groei.
Dankie Here dat U self in beheer van u kerk hier op aarde
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.