Dagstukkies met CLF 18 September 2020

September 18, 2020

Vir jou kinders ook

“Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep” (Handelinge 2:39)

Ons begin nou by die boek Handelinge. Dit vertel vir
ons wat gebeur het nadat Jesus opgevaar het na die hemel. Die dissipels, wat ook apostels genoem is, moes nou die werk van Jesus voortsit. Judas, wat Jesus verraai het, was nie meer by hulle nie en Mattias is as die twaalfde
apostel gekies.

Petrus het die leiding geneem en die mense op Pinksterdag toegespreek. Hy het gesê dat die mense hulle moes bekeer sodat hulle die ewige lewe kan kry.

Wat ’n vreugde om te weet dat God aan almal wat Hom dien, ja, ook hulle kinders, na Hom toe roep. Die Here het alle mense lief en wil nie dat een verlore gaan nie.

Here, laat my vandag ook hoor hoe U my roep sodat ek u kind kan wees. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.