Dagstukkies met CLF 17 September 2020
September 17, 2020
Ons Here Jesus
“Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink
ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die
boeke hê nie” (Johannes 21:25)
Ons het nou aan die einde van die evangelie van Johannes gekom. Johannes was die dissipel vir wie Jesus baie lief was. Hy sluit sy boek af met ons teksvers wat sê dat daar nog baie ander dinge is wat Jesus gedoen en gesê het wat ons nie van weet nie.
Gelukkig is daar in die Bybel genoeg geskryf van Jesus dat ons met sekerheid kan weet dat Hy vir ons sondes kom sterf het.
Al weet ons nie nou alles nie, sal ons eendag in die hemel weet. Ons moet net glo dat Jesus ons Verlosser is. Elke dag moet ons saam met Hom stap en Hom gehoorsaam. Ons hoef nie bekommerd te wees oor dit wat ons nie verstaan nie, ons moet net luister na dit wat ons wel verstaan. Eendag sal ons al die antwoorde kry.
Here Jesus, dankie dat ek genoeg weet oor hoe om u kind te wees. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.