Dagstukkies met CLF 11 September 2020

September 11, 2020

Plek in die hemel

“En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Johannes 14:3)

Die dissipels kon nie eintlik verstaan dat Jesus moes weggaan nie. Hulle het nie geweet dat Hy hemel toe gaan nie. Hulle kon ook nie verstaan wat Hy daar gaan maak nie.

Jesus het hulle gerus gestel en gesê dat Hy gaan plek maak vir almal wat in Hom glo. Hulle moes nie bang wees nie, want Hy kom terug en Hy sal self sy kinders na Hom toe neem.

Elkeen van ons is mos maar bang om dood te gaan. Nou weet ons dat Jesus vir ons plek in die hemel maak, en dat Hy ons self eendag sal kom haal. As ek en jy vir Jesus volg en sy wil doen, hoef ons nie bang te wees vir die dood nie. Wat ’n voorreg om iemand soos Jesus te ken!

Dierbare Here, dankie dat U self vir my na die hemel sal neem. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.