TruthTV

TruthTV is Suid-Afrika se nuwe digitale televisiekanaal. Dit is die één plek waar gesinne, kerke en kleingroepe bymekaar kom om te leer en saam te lag. TruthTV bied ure se gesinsvriendelike rolprente in Afrikaans en Engels aan. Dit is propvol vermaak, aktuele asook kinderprogramme, en alles is op Christelike waardes gegrond. TruthTV staan onder leiding van dr Michael Mol wat die skoene van hoof uitvoerende beampte volstaan. “Daar is nou letterlik ’n wêreld van keuses in die palm van jou hand,” sê Mol.