MaartMaart

(Ge)Wen! ‘n 4×4 ervaring met Nissan (LUISTER)

8 Junie - 8 Junie, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

8 Junie - 8 Junie, 2019

9:00 vm - 12:00 nm

288 Durban Road Bellville, Western Cape 7530

288 Durban Road Bellville, Western Cape 7530

Kontak Nommer:

021 001 3432

Ronald en sy seun, Raquelme (onder met rooi en blou hemp), het vandag die Imperial Nissan Tygervalley-kompetisie gewen. Hulle stap weg met die pryse: 4×4 ervaring asook ‘n Nissan Navara Stealth, vol brandstof vir ‘n week PLUS ‘n R500-kontantbewys.

Dankie aan elkeen wat die oggend groot pret gemaak het en geluk aan elke pa & seun wat gewys het hoe braaf hulle is! — at Imperial Nissan Tygervalley.

 

Op Saterdag, 8 Junie, van 09:00 – 12:00 kuier Radio Tygerberg by Imperial Nissan and Datsun Tygervallei! Maak seker jy kom maak ‘n draai en toetsbestuur een van hulle splinternuwe of tweede handse motors.

Daar gaan hope pret wees vir die kleinspan met ‘n springkasteel en  spookasem!

Kom ondersteun ook jou gunstelling pa-en-kindspan, tydens die finale rondte van Imperial Nissan and Datsun se Vadersdag-kompetisie. Daar sal vier pappa-finaliste  saam met hul kinders sakresies jaag om die 4X4 ervaring te wen!

Om deel te neem, laat klein Boet of Sus (of albei!) ‘n WhatsApp stemnota na Radio Tygerberg 104fm stuur  op084 66 14 104, waarin ons maak soos ‘n Nissan. So maklik soos dit!

Die vier finaliste word op 5 Junie in #Oggenrooi en #HuisToe aangekondig.

Waarvoor wag jy? Kry jou kinders en laat hul begin brul – soos net ‘n Nissan kan!