FebruarieFebruarie

Wen groot pryse vir Mams!

6 Mei - 8 Mei, 2020

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

6 Mei - 8 Mei, 2020

9:00 vm - 4:00 nm

Wen groot pryse hierdie jaar vir jou mams met Radio Tygerberg 104fm, TruthTV en Spar! Dis mos bederf op sy beste. En al wat jy moet doen is om vir ons te laat weet waarom jou ma jou aan Ontbyt, Brunch, Kuiertyd of Kortpad laat dink.

 

Radio Tygerberg 104fm, TruthTV en Spar bederf hierdie Moedersdag die spesiale ma’s in die Wes-Kaap met heerlike pryse.

Suid-Afrika se nuwe TV-kanaal, TruthTV.com omskep enige kamer in ‘n familiekamer want nou kan jy enige plek, enige tyd net die beste vermaak geniet op jou slimtoestel, rekenaar of TV. Alles terwyl mams heerlik peusel aan ‘n paar bederfies van Spar!

TruthTV.com gee hierdie week vier jaarlange TruthTV-subskripsies weg ter waarde van R1788 elk en Spar bederf dié mammas met ‘n heerlike geskenkpak ter waarde van R700 (met ‘n pragtige resepteboek perfek vir inperking!).

HOE WEN JY?

Kyk na al vier van ons moedersdagvideo’s hieronder.

Stuur dan ‘n WhatsApp of stemnota na 084 661 4101 en vertel ons waarom die span van #Ontbyt (Kia & Anton), #Brunch (Almarie), #Kuiertyd (Lorrein) en #Kortpad (Gerald & Benescke) jou aan jou ma laat dink.  

TE MOEILIK? Hier is ‘n paar idees…

My ma is soos Ontbyt…altyd vroeg uit die vere…

My ma is soos Brunch…sy raak eers regtig na haar tweede koppie koffie wakker 🙂

Kuiertyd laat my aan my ma dink – sy staan altyd reg met ‘n soetdingetjie of twee!

My ma is ‘n Kortpad-ma, sy maak chop-chop aandete terwyl sy huiswerk merk, koffie met my pa drink en skel dat ons die speelgoed moet optel :

STEEDS ONSEKER?

-Is jou ma soos Kia wat sê haar ma is die mooiste en slimste vrou en dat ma-wees glad nie maklik is nie?

-Is jou ma soos Anton wat sê hy luister na vroue wat goeie raad gee soos Joyce Meyer, sy ma en sy vrou?

-Is jou ma soos Almarie wat sê haar ma sê:”Lag wanneer jy kan, sê jammer as jy moet, laat vaar dit wat jy nie kan verander nie. Speel hard, vergewe gou en soen…stadig.”

-Is jou ma soos Lorrein wat verklaar: “Ek is versigtig wat ek opdis en keurig oor wat ek kyk!”

-Is jou ma soos Gerald wat erken dat elke vrou ‘n under-cover superheld is!

-Of laat dink jou ma jou aan Benescke wat sê: “Sing luidkeels wanneer niemand kyk nie, eet daardie koekie, koop die paar skoene en lag omdat jy kan!”

Laat weet ons dan met ‘n stemnota of WhatsApp-boodskap.

Daar sal Vrydag in elke program een wen-ma aangekondig word. Jy kan soveel keer as wat jy wil inskryf. En ja, jou ma kan jou aan Ontbyt, Brunch, Kuiertyd EN Kortpad laat dink! Want ‘n mams, is alles en nog meer.

Gelukkige Moedersdag aan elke mamma!