MaartMaart

Week van gebed vir Parow

14 Julie - 20 Julie, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

14 Julie - 20 Julie, 2019

7:00 vm - 7:00 vm

Die biddende stappers van Radio Tygerberg 104fm! Vlnr Sedrick Taljaart, Helena de Lange, Rikus van Rooy.

Agter staan Helane Theunissen, Surita Cowley (heelagter), Minda Groenewald, Anthea Bennet, Naomi Engelbrecht en Rachel Marcus.

STAP & BID VIR & IN PAROW

Die personeel van Radio Tygerberg 104fm, bid vanaf Maandag tot Vrydag daagliks vir ons luisteraars en die onmiddellike omgewing, Parow. Hierdie inisiatief vind in samewerking met Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk plaas. Besoek ook hulle FaceBook bladsy by On the Wall vir meer hieroor.

Jy kan saam bid, net waar jy is, of Maandag en Vrydag die Radio Tygerberg 104FM-personeel vergesel in ‘n Prayer Walk. Sien die tye en datums hieronder.

Waarvoor bid ons?

Geestelike ontwaking, redding vir ongelowiges en sosiale geregtigheid.

Ons wil waarlik Jakobus 5:16 leef: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.”