FebruarieFebruarie

WAT Sê JY? met Marius du Plooy (VIDEO)

26 April - 26 April, 2019

* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE

26 April - 26 April, 2019

1:00 nm - 3:00 nm

 

 

Vrydagmiddag in die program WAT Sê JY? gaan die politieke poppe behoorliklik dans!

Verteenwoordigers van die vyf grootste politieke partye sit saam met Marius du Plooy in die ateljee…en hulle sal moet bont staan om hulle standpunte te gee oor onderwerpe soos: staatskaping, die ekonomie, behuising, korrupsie, onverantwoordelike politici en of hulle saamstem met die ontwrigting van die jongste tyd. Luisteraars gaan die kans kry om ‘n ingeligte besluit te neem wanneer dit tyd is om jou kruisie te trek.
Verteenwoordigers van die ACDP, ANC, DA, EFF en VF+ gaan knelvrae moet beantwoord.
Vrydagmiddag se politieke debat in WAT Sê JY?,  is ‘n volle 2 ure lank en begin reeds om 13:00.