Wat ‘n ‘amazing race’ op Mandela Dag 2019!
18 Julie - 18 Julie, 2019
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
18 Julie - 18 Julie, 2019
5:00 vm - 3:00 nm
Kontak Persoon:
Shiloh Synergy
Kontak Epos:
Webwerf:
BESONDERSE MANDELA-DAG 2019
Die oggend wat begin het met ‘n aflosresies by SPAR Western Capevanoggend is opgevolg met ‘n heerlike dag van uitreik en omgee vir mens en dier, oud en jonk en ook Moeder aarde! Die span van Radio Tygerberg 104FM het ‘n #AmazingRace met NGO-vennoot Shiloh Synergy aangepak en in die proses ses organisasies bedien.
Shiloh #AmazingRace se eerste stop .. Athlone School of the Blind waar die span ‘n dieper kykie gekry het in die lewe van ‘n blinde kind. Tweede stop… King Edwardstraat in Parow waar ons rommel moes optel op perseel van ‘n gebou wat afgebrand het. Die aksie was in samewerking met Voortrekker Road Corridor CID.
Derde stop Jesus in aksie / Jesus in action in Kruispad, Brackenfell waar senior burgers met koek en tee bedien is.
#ShilohFood in Brackenfell was die vierde stop waar die span frikadelle gemaak het.
Vyfde stop was by Change for the Better Foundation waar die span bederf is met ‘n paar nat soene!
Die sesde en finale stop was by Shiloh Synergyoh se #KhanyaKids waar “play dough” gemaak is.
Die 104fm-rooispan het sesde plek behaal uit 21 spanne met bloudruk Media (coastal) se blouspan wat tweede plek gekry het.