Wat behels ‘n staat van inperking (lockdown)
26 Maart - 16 April, 2020
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
26 Maart - 16 April, 2020
11:59 nm - 11:59 nm
*INPERKING: ALLES WAT JY MAG EN NIÉ MAG NIE*
Oortreders van die staat van inperking se regulasies sal strafregtelik vervolg word.
Jy kan tot ses maande tronkstraf gevonnis word, ’n boete opgelê word, of tot tronkstraf én ’n boete gevonnis word as jy die reëls oortree.
Dit sal vanaf Donderdag 26 Maart om 23:59 tot 16 April om 23:59 geldig wees.
Die staat van inperking mag verleng word indien die staat dit nodig ag.
*VIR DIE VOLGENDE 21 DAE MAG JY NIE:*
* Jou huis of erf verlaat nie, mits jy ’n noodsaaklike diens moet verrig of bekom, ’n maatskaplike toelaag moet gaan haal, of in ’n mediese noodsituasie verkeer (’n ongevalle-pasiënt) of mediese behandeling vir ’n kroniese toestand moet ontvang.*
Saamtrekke word verbied.
*Daar word voorsiening gemaak vir begrafnisse wat deur ’n maksimum van 50 mense bygewoon mag word* .
*Nagwake word verbied.*
* Niemand mag tussen provinsies beweeg nie.*
* *Niemand mag tussen stede of verskillende munisipale streke beweeg nie.*
* Alle ondernemings sal hul deure sluit, tensy hulle ingesluit word op die lys van noodsaaklike dienste.*
DIE VOLGENDE PLEKKE SAL TOE OF ONTOELAATBAAR WEES:
*Enige plek of perseel waar kerk-, kulturele, sport-, vermaak-, ontspannings- of soortgelyke aktiwiteite plaasvind.*
*Enige plek wat nie-noodsaaklike goedere verkoop, sowel as parke, strande, vlooimarkte, basaars, casino’s, hotels en gastehuise.*
*Private en openbare wildparke, vakansieoorde, drinkplekke soos tavernes, sjebiens en shishanyamas.*
*Drankwinkels en die dele van supermarkte wat drank verkoop*
*Rolprentteaters, winkelsentrums, taxi-staanplekke, bus- en treinstasies.*
*Restaurante*
* Winkels wat noodsaaklike goedere verkoop word verbied om enige ander goedere te verkoop.*
* Spazawinkels sal toegelaat word om sake te doen.*
* Jy mag nie met jou hond gaan stap of gaan draf nie.*
* Die aankoop en gebruik van alkohol in die openbaar word verbied.*
TOETSE VIR COVID-19:
*Niemand wat vermoed word dat hulle die koronavirus onder lede het, mag weier om daarvoor getoets te word nie, of weier om in kwarantyn of isolasie geplaas te word nie. Positiewe gevalle mag ook nie weier om behandeling te ontvang nie.*
*Indien jy sou weier, sal jy vir 48 uur in die nodige, veilige fasiliteite ingedwing word, hangende ’n lasbrief vir jou inhegtenisneming.*
VERVOER:
* Alle pendelvervoerdienste word gestaak, met die uitsondering van busse, taxi’s, vervoerdienste soos Uber en private motors om werkers te vervoer wat noodsaaklike dienste lewer, of vir mense om noodsaaklike dinge te doen, soos om kos te koop of om mediese behandeling te bekom.*
*Openbare vervoer mag nie meer as 50% van hul gelisensieerde kapasiteit vervoer nie. As ’n taxi dus 14 mense kan vervoer, mag hy nou net sewe vervoer.*
*Alle internasionale asook plaaslike vlugte word gestop. Net noodsaaklike vrag sal in die land toegelaat word. Goedere uit hoërisiko-lande moet ontsmet word.*
* Plesierbote word die hawens verbied. Noodsaaklike vrag sal by hawens ontvang word.*
* Metertaxi’s en Uber- en ander dienste sal toegelaat word om noodsaaklike dienste se personeel te vervoer. Hulle sal ook van 05:00 tot 09:00 en weer van 16:00 tot 20:00 mag ry. Hierdie voertuie moet ook ontsmet word.*
*Voertuie wat vier mense kan vervoer, kan ook net met een passasier ry.*
*Ontsmettingsmiddels moet in alle taxi’s beskikbaar wees en moet ten minste ’n 60%-alkoholbasis hê.*
*Alle sentrums vir bestuurslisensies sal gesluit wees.*
* As jou bestuurslisensie tydens die inperking verval, sal dit steeds vir die duur van die inperking geldig wees.*
* Waar mense ’n noodsaaklike diens moet lewer, maar nie toegang tot vervoer het nie, moet die werkgewer vir die vervoer sorg op voorwaarde dat die voertuig nie meer as 50% van sy gelisensieerde kapasiteit mag vervoer nie.*
VERGOEDING VIR SKADE:
* Niemand sal vir enige skade of verliese vergoed word wat ontstaan weens ’n “ter goedertrou-optrede” (bona fide) deur enige wetstoepasser nie. As ’n polisiebeampte byvoorbeeld jou kar deursoek en nié-kwaadwillig iets beskadig, mag jy hom/haar nie daarvoor dagvaar nie.*
IN ‘N NEUTEDOP:
Só lyk die lys van regulasies wat jou bewegings beperk:
*Slegs 50 mense sal by ‘n begrafnis toegelaat word.*
* Joernalilste moet hul perskaarte, ID dokumente en ‘n bewys van hul werkgewer wys, voordat hulle mag rond beweeg.*
* Jy mag nie in die straat met jou hond gaan stap nie of gaan draf nie.*
* Groot winkelsentrums sal gesluit wees.*
* Jy mag slegs by jou naaste winkel inkopies doen.*
* Winkels wat noodsaaklike goedere verkoop word verbied om enige ander goedere te verkoop.*
* Beperkte openbare vervoer slegs tussen 05:00 – 09:00 en 16:00 – 20:00.*
BRON: NETWERK24