#VreesLOOS is terug – wie’s bang? (video)

3 Oktober - 5 Oktober, 2019

BESONDERHEDE

3 Oktober - 5 Oktober, 2019

Volle Dag

Vreesloos is terug!  Vyf skoolspanne gaan hul beste gee om gril-en-ril uitdagings te oorkom, deurnag fiets te ry,  en in ‘n motor te oorleef.

Van 3 tot 5 Oktober, saai Radio Tygerberg sekere tye vanaf Tygervallei Winkelsentrum uit om vir jou #Vreesloos2019 te bring. In samewerking  met Tygervallei Winkelsentrum en Watkins Valeur.

Vreesloos, Wie’s bang?

 

   


DEELNEMENSE SKOLE

Hoërskool DF Malan

Hoërskool Bellville

Hoërskool Tygerberg

Hoërskool Durbanville

Hoërskool Stellenberg

HOE WERK #VREESLOOS2019?

Uitgenooide skole se spanne neem deel aan uitdunne en die top 10 deelnemers aan ‘n wakkerbly-uitdaging vir 24-uur by Tygervallei Winkelsentrum.  Daar word onder meer aan gril-en-ril uitdagings, fietstrap en algemene kennis toetse deelgeneem.

Deur die loop van die 24 uur sal daar verskillende uitdagings wees wat punte tel.  Die skool met die meeste punte teen Saterdag, 5 Oktober 2019 om 15:00, wen R30 000 asook die titel as Wenner: #VREESLOOS2019.   Verder is daar ook ‘n sosiale media kontantprys van R5 000 geborg deur AWSUM, asook ‘n ekstra R5 000 kontantprys vir die skool wat die meeste kilometers per fiets getrap het vir die organisasie van hul keuse.

STRENG REëLS

  • Deelneem gaan streng reëls moet nakom! Veiligheid bly die belangrikste!
  • Die 20 leerders van elke skool moet van dieselfde geslag wees. So óf net seuns, óf net meisies in elke motor…
  • Die deelnemers moet vir die volle 24 uur in hul span se motor deurbring, Vensters mag wel oop wees, maar geen ledemate wat by vensters uithang nie.
  • Alle uitdagings sal, indien nodig, goedgekeur word deur ‘n gesondheids- en/of veiligheidsverteenwoordiger.
  • Langs elke motor sal ‘n trapfiets wees wat vir die volle 24-uur moet beweeg. Deelnemers sal mekaar aflos en beurte maak om die fiets te trap.  Indien die fiets vir langer as 104 sekondes NIE beweeg nie, verloor die skool 5km op sy totaal.
  • Leerders sal ook vir die volle 24-uur in die motor moet wakkerbly.
  • Deelnemers sal van kos voorsien word op geskeduleerde tye en mag nie hul eie kos saam bring nie.
  • Deelnemers kan dalk by sommige aktiwiteite geblinddoek word.
  • Geen ekstra leerders / ondersteuners sal binne die afgebakende area toegelaat word nie.

GOEIE MANIERE BO!

Skole word aangemoedig om die spanne te ondersteun. Dit is belangrik dat deelnemers en ondersteuners die winkeleienaars se eiendom respekteer en geraasbesoedeling tot die minimum beperk. Addisionele punte sal beskikbaar wees vir kreatiewe manière om spanne deurlopend te steun sonder om geraasvlakke deur die dak te laat skiet!

SOSIALE MEDIA

Alle uitdagings sal direk op Radio Tygerberg 104fm se FaceBook-blad gestroom word. Kry dus solank boetie, sussie, oupa en ouma gereed om te “like”, deel en kommentaar te lewer. Die hutsmerk is

#VREESloos2019.

Videos en foto’s sal na afloop van die geleentheid ook op Radio Tygerberg 104fm se webblad by www.tygerberg104fm.co.za beskikbaar wees.