Fliek: Unplanned pak ongemaklike onderwerp kaalvuis aan (KYK)
28 Februarie - 19 April, 2020
* Hierdie gebeurtenis het reeds plaasgevind

BESONDERHEDE
28 Februarie - 19 April, 2020
Ster Kinekor teaters in Suid-Afrika, Namibië en Zambië
Kontak Persoon:
Downtown Entertainment en TruthTV
Wanneer jou oë oopgeforseer word om die kaal waarheid in die gesig te staar en jou rol daarin te herken en erken, kan ware berou plaasvind en die vergifnisproses uiteindelik begin.
Vir Abby Johnson, ‘n voormalige direkteur by Planned Parenthood in Amerika, het hierdie dag onverwags aangebreek. Indirek was hierdie jong, passievolle vrou en ma van ‘n klein dogtertjie indirek by meer as 22 000 aborsies betrokke. Haar ervaring tydens een van die aborsies verander alles wat sy gedink het sy weet van haar werk, haar oortuigings en haar toekoms.
Die film Unplanned is ‘n inspirerende ware verhaal van ‘n vrou se reis van totale ontnugtering tot selfaanvaarding en die krag van gebed is duidelik sigbaar.
Uit die pen van Cary Solomon en Chuck Konzelman, die skrywers en medevervaardigers van God’s Not Dead, kom ‘n film wat aborsie, een van die mees uitdagendste onderwerpe van ons tyd vreesloos aanspreek. Na tientalle aanlyn petisieveldtogte span Downtown Entertainment en TruthTV kragte saam om vanaf 28 Februarie 2020 Unplanned in uitgesoekte Ster Kinekor teaters in Suid-Afrika, Namibië en Zambië te wys.
In die eerste 5 minute van die film ontmoet ons Abby en haar gesin. Al wat Abby Johnson (gespeel deur Ashley Bratcher) ooit wou doen, was om vroue te help. Sy is een van die jongste direkteure vir die beplanning van ouerskapklinieke in Amerika wat talle vroue raad gee oor hul voortplantings- en ouerskapkeuses. Haar passie rondom die reg vir ‘n vrou om te kan kies spruit uit die feit dat sy self as jong vrou baie seer verwerk en keuses moes maak wat haar goeie voorbereiding sou bied vir die rol wat sy in ander vroue se lewens sou vertolk.
Abby het beide kante van die aborsiegesprek verstaan en was indirek by meer as 22 000 aborsies betrokke
In Unplanned begin die proses van transformasie vir ‘n vrou wat nooit weer dieselfde sou kon wees nie. Sy het haar lewe en reputasie op die spel geplaas om as passievolle en ywerige pro-lewe woordvoerder op te staan en die leuens wat sy oor die aborsie-proses geleer is en gedeel het, te ontbloot.
Unplanned word deur resensente en kritici beskryf as ‘n eerlike verhaal met skokkende feite wat nie geïgnoreer kan word nie en vooropgestelde idees (oor aborsie) sal skud.
BESPREEK HIER:
Vir meer of om jou kaartjie te bespreek, besoek hul webblad, unplannedmovie.co.za
MEER ONDERHOUDE: